GEBORE
30 Jun. 1919
OORLEDE
10 Jul. 1974
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1952
ORDEN
1953
standplase
1953 Pofadder
1955 Noorder-Harts
1960 Steynsburg
1962 Leonard
1966 Otavi, 10 Jul
17 Jan. 1970 Koringberg
Emeritus
–
Ds Sarel Jacobus Pieterse, 30 Junie 1919 in die distrik Kuruman gebore, sterf 10 Julie 1974 in die pastorie op Koringberg, nadat hy die vorige aand tuisgekom het uit die hospitaal waar hy enkele weke lank vir ‘n trombose behandel is. Hy is eers boer en gedurende Wêreldoorlog II soldaat en offisier. Hierna volg sy akademiese en teologiese vorming op Stellenbosch en 1952 word hy tot die bediening toegelaat. Hy werk met vrug in Pofadder (1953); Noorder-Harts (1956); Steynsburg (1960); Leonard (1962); Otavi (1966) en Koringberg (1970); Hy was „’n geroepe dienskneg van die Here, heelhartig in die nastrewe van net die beste in hierdie verhewe dienswerk”. Verder is sy lewe deur presiesheid en ‘n gesonde dissipline gekenmerk (Jaarboek 1975/F5).