GEBORE
12 Jan. 1933
OORLEDE
9 Jun. 2011
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1959
ORDEN
1960
standplase
1960 Bloemhof (Medeleraar)
1964 Arlington
Emeritus
–
Ds Andre Pieters (BA) 12 Januarie 1933 – 9 Junie 2011
Jacobus Andreas Hermanus Pieters is op 12 Januarie 1933 in Zambië gebore. Sy ouers was eervvJAH (Koos) en Katie Pieters, wat ‘n leeftyd lank in die sendingveld werk – in Zambië en die latere Zimbabwe. Uit hierdie huwelik is daar ses kinders gebore. Later arbei Pa Koos onder die mynwerkers in Welkom en die egpaar tree in Kleinmond af. Die grond waarop die kusdorp Hermanus later ontstaan het, het aan sy voorsate behoort en was eers bekend as Hermanuspietersfontein.
Andrê ontvang, net soos sy broers en suster, sy eerste skoolopleiding aan die Laerskool Bulawayo; almal matrikuleer in die Republiek van Suid-
Afrika – die seuns aan die bekende Rooidak-hoërskool op Boshof en die dogter aan die Oranje Hoër Meisieskool in Bloemfontein. Die kinders het per trein na hulle skole gereis en kon net Desembermaande na hulle ouerhuis in Bulawayo terugkeer. Tydens sy skooljare hetAndrê uitgeblink inrugby, atletiek en tennis.
Andrê voel geroepe om vir die Here te werk, volg in die voetspore van sy vader en behaal sy BA (Admissie) aan die UOVS in Bloemfontein. In 1956 gaan hy Stellenbosch toe, waar hy ‘n student aan die Teologiese Seminarium word, en waar hy aan die einde van 1959 (die Kweekskool se eeufeesjaar) as proponent gelegitimeer word. ‘n Roepstem kom in die winter van 1960 om as sendeling na Bloemhofte gaan – waar sy vader die rede hou toe hy met handoplegging bevestig word.
Hy trou op 10 Desember 1960 met Petronella Botha en drie kinders word uit diê huwelik gebore: JAH (Zak) Pieters, ‘n chemiese ingenieur in Australië; Lourens Peters, bestuurder by IBM in Pretoria; en Karen Ferreira van Kroonstad.
In 1964 loop Andrê se bedieningspad na Arlington in die Vrystaat en in 1969 na Sasolburg-Fontein, waar hy tot in 1984 werk. Tydens sy dienstyd word ‘n nuwe kerkgebou op 20 Mei 1978 opgerig – ‘n groot oomblik vir die NG Kerk in Afrika op Sasolburg. Op 11 Februarie 1984 word hy ‘n leraar aan die NG Sendingkerk, toe hy in die gemeente Sandersville op Parys bevestig word.
In 1985 kom daar ‘n moeilike draai op sy lewenspad toe hy en sy vrou skei. Later trou Andrê weer, nou met Anna Jacoba Pieters. Na twaalfjaar op Parys aanvaar hy op 31 Maart 1996 sy emeritaat en die egpaar verhuis na Vryburg. Hier verrig hy nog hulpdiens – totdat
Altzheimer se siekte by hom gediagnoseer word. Die egpaar verhuis in 2011 na ‘n aftree-oord op Bultfontein. Hier is hy kort na hulle aankoms en na ‘n kort siekbed op 9 Junie 2011 Oorlede.
‘n Begrafnisdiens word op 17 Junie 2011 deur ds Ockie Struwig van Delmas in die Gereformeerde Kerk op Bultfontein gehou. Andrê se vrou, Anna, beskryfhaar man as “‘n ware kind van die Here, met ‘n sagte geaardheid en ‘n passie vir mense”. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM