Pienaar, Pieter Johannes

Ds. Pienaar Pieter

GEBORE

1 Okt. 1860

OORLEDE

20 Sept. 1952

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1887

ORDEN

1888

standplase

1888 Barrydale

1891 Somerset-Wes

Emeritus

1936

Ds. Pieter Johannes Pienaar is in 1887 gelegitimeer en in 1888 bevestig as leraar van die gemeente Barrydale. Te Barrydale was hy werksaam totdat hy in 1891 na Somerset-Wes verhuis het. Eers in 1936, na dienstermyn van 48 jaar, het hy sy emeritaat aanvaar. Hy het nog steeds binne die grense van sy laaste gemeente bly woon en daar die agting en liefde van almal geniet aan wie se geestelike belange hy die grootste en vrugbaarste deel van sy lewe gewy het. Hy is gedurende September 1952 in die hoë ouderdom van byna 92 jaar oorlede.