GEBORE
–
OORLEDE
4 Februarie 1935
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
Emeritus
–
PJJ Pienaar van Aberdeen, was jare lank ʼn getroue ondersteuner van die Jaarboek, wat vroeër die Kerkalmanak genoem was, en omdat hy so veel in belang van hierdie publikasie uit loutere liefde gedoen het, gee ons hier, by wyse van uitsending newens sy portret enige besonderhede omtrent hom. Jaar na jaar het hy die plaaslike bestellings vir die Jaarboek persoonlik opgeneem en opgestuur met kontanie betaling daarby. Hy was dan ook altyd baie vroeg gewoonlik die eerste in die veld met sy bestelling en met die nodige instruksie in bewende handskrif daarby hoe die boeke versend moet word. Ons het sy belangstelling regtig waardeer. Nou is hy heengegaan. Op 4 Februarie 1935 is hy onverwags gestorwe in sy 85ste jaar. Hy het die gemeente ook as kerkraadslid gedien en as ouderling in die Sinode verteenwoordig, en ʼn geseënde nagedagtenis van getrouheid en standvastigheid nagelaat. Wie sal nou op Aberdeen sy plek met die Jaarboek-bestellings inneem en in ander gemeentes sy voorbeeld in hierdie verband navolg?