GEBORE
13 Jul. 1876
OORLEDE
23 Apr. 1945
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1905
ORDEN
1906
standplase
1913 Dewetsdorp
1925 Clocolan
1931 Theunissen
1934 Sekr. Alg. Armsorg, 0.V.S
Emeritus
–
Ds. Petrus Jacobus Pienaar is gebore op 13 Julie 1876. Die studiejare is deur die Tweede Vryheidsoorlog onderbreek toe hy die wapen opgeneem het vir sy land. Later is hy as krygsgevangene na die Bermudas gestuur. Na die vrede het hy weer sy studies voortgesit en dit in 1905 voltooi. Sy eerste gemeente was Ventersburg alwaar hy op 6 April 1906 georden en bevestig is. Na ‘n sewejarige bediening is hy in 1913 na Dewetsdorp en daarna het hy ook nog die gemeentes Clocolan vir ses jaar en Theunissen vir drie jaar bedien. In 1934 is hy as Armesorgsekretaris van die Vrystaatse Kerk aangestel. Die Heer het hom besondere gawes gegee en hy het hulle gewy aan die diens van sy Meester. Hy het gesonde verstand met diepe insig gepaar en daarby het hy ‘n groot hart vol liefde vir sy medemens gehad. Die diens van Sy Here het by hom dan ook nommer een gestaan. Behalwe die onsigbare is daar ook aanskoulike monumente wat die vrug van sy arbeid is. Te Bloemfontein is daar die Wanda-Schweinsberg-Tehuis vir oumense, Pienaarshuis (koshuis vir laagbesoldigdes); Aandrus-Modeldorpie waar bejaarde egpare met klein pensioen gerieflik woon. Later sal ook nog voltooi word „Rose Lodge”, in kerklike tehuis vir jonge dames. Vir weeshuise en die opvoeding het hy ook onskatbare dienste gelewer. Hy is heel onverwags op 23 April 1945 Oorlede.