GEBORE
28 Jan. 1868
OORLEDE
1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1898
standplase
Emeritus
1942
Ds. Jacob Arnoldus Pienaar is gebore op 28 Januarie 1868. In 1897 is hy gelegitimeer en in 1898 is hy georden en as leraar van Bultfontein bevestig. Nadat hy vier-en-veertig jaar lank hierdie gemeente getrou bedien het, het hy sy emeritaat in 1942 aanvaar. Veral kenmerkend van sy lewe was sy groot liefde vir en daadwerklike belangstelling in die sending. Daarby het hy ‘n besondere gawe gehad om sy familie en ander persone tot groter sendingywer aan te spoor. So het hy saam met sy familie en ander sendingvriende dit byvoorbeeld moontlik gemaak dat op Madzimoyo die pragtige monument opgerig is wat gedurende die Jubileumfees in 1949 onthul is.