Pienaar, Hendrik Jacobus

Ds. Pienaar Henderik

GEBORE

1 Mei 1872

OORLEDE

2 Des. 1954

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1899

ORDEN

1900

standplase

Worcester (Hpr.)

1903 Laingsburg

1907 Kuilsrivier

1911 Wynberg

1914 Senekal

1921 Swartland

Emeritus

1939

Ds. Hendrik Jacobus Pienaar is op 1 Mei 1872 op Richmond gebore en op 2 Desember 1954 Oorlede. Hy is in 1899 gelegitimeer en in 1900 as hulpleraar van Worcester georden. Vervolgens het hy vanaf 1903 tot 1907 Laingsburg bedien, vanaf 1907 tot 1911 Kuilsrivier, vanaf 1911 tot 1914 Wynberg, vanaf 1914 tot 1921 Senekal en daarna die res van sy bediening as leraar van Swartland opgetree tot dat hy in 1939 sy emeritaat aanvaar het. Ds. Pienaar is deur die Here tot groot dinge in diens van ons Kerk gebruik en ook in wyer kringe het hy diep spore nagelaat. Hy het op talryke belangrike kerklike kommissies gedien en was veral bekend as ‘n gesaghebbende in verband met kerkreg en kerklike wette en bepalinge. Hy het verder ‘n groot rol gespeel in verband met die vertaling van die Bybel en van die Gesangboek in Afrikaans. Te midde van sy veelvuldige werksaamhede het hy boonop etlike stigtelike boeke geskrywe. Kort voor sy heengaan nog het ‘n nuwe vergrote uitgawe van sy bekende boek “By die Graf” verskyn. Ds. Pienaar was beslis een van die vrugbaarste werkers in diens van ons Kerk.