Pienaar, Daniel Jozua * 1853

 

GEBORE

19 Des. 1853

OORLEDE

8 Mrt. 1926

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1880

ORDEN

1881

standplase

1881 Aliwal-Noord

1887 Uitenhage

Emeritus

Ds. Daniel Jozua Pienaar, A/SN., B.A.: Gebore 19 Desember 1853. Oorlede 8 Maart 1926. Hierdie begaafde en alomgevierde predikant en leidsman van ons Kerk is in 1876 as student aan die Kweekskool op Stellenbosch ingeskrywe en, na sy Kandidaatseksamen in 1879, het hy na Europa gegaan en daar klasse aan verskeie Universiteite bygewoon. In 1880 het hy hulpprediker na Ladismith gegaan en in Junie 1881 is hy georden as predikant van Aliwal-Noord. Daar is dit hom geluk ‘n dreigend skeuring in die gemeente te voorkom en in die 6 jaar, wat hy daar gestaan het, het hy die gemeente tot hartlike eensgesindheid en samewerking gebring. Van daar is hy na Uitenhage gegaan, in 1887, en hier is hy oorlede nadat hy nog drie dag van te vore, soos gewoonlik, die preekbeurte waargeneem het. In die tuig is hy gestorwe. Hy was seker een van die bekwaamste predikers in ons Kerk, het ‘n teer gemoed en vriendelike hart in hom omgedra en was ʼn man van ʼn kinderlik geloof. Hy was jare lank eksaminator by die Admissie eksamen en tot aan die einde van sy lewe lid en voorsitter van die Proponentseksamenkommissie en van die Kuratorium van die Kweekskool. In 1915 is hy gekies as Moderator van die Sinode en tweemaal was hy voorsitter van die “Raad der Kerken”. Hy as ʼn leidsman op die gebied van die Onderwys en tot die einde was hy lid van die Raad vir Tegnies en Industrieel Onderwys van die Unie. Sy Industriële Skool op Uitenhage, deur hom gestig, is die model geword vir alle dergelike inrigtinge in ons land.