GEBORE
–
OORLEDE
12 Apr. 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1904
ORDEN
1905
standplase
Spoorwegleraar, Kaapse Kerk
1940 as predikant gelegitimeer
Emeritus
1956
Ds. Barend Jacobus Pienaar: Hy is in 1904 as sendeling gelegitimeer en toe as spoorwegleraar van die Kaapse Kerk bevestig. In 1940 is die statusvan predikant deur die Sinode aan hom toegeken, en in 1956 het hy sy emeritaat aanvaar, na. 52 jaar onafgebroke diens as spoorwegleraar. Hy het feitlik sy hele bediening in ‘n spesiale treinwa wat die Spoorweë as „mobiele pastorie” voorsien het, deurgebring, aangesien by ons mense in diens van die Spoorweë oor die hele Suid-Afrika, Suidwes-Afrika en selfs tot in Rhodesië besoek het. Hy is op 12 April 1966 oorlede, in die ouderdom van 86 jaar. (Jaarboek 1967/566).