GEBORE
3 Sept. 1862
OORLEDE
24 Mei 1935
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1890
ORDEN
1891
standplase
1903 Vryburg
1925 Kalkbaai
Emeritus
1933
Ds. Petrus Johannes Berold is 3 September 1862 aan die Vier-en-twintig-Riviere in die Tulbaghse distrik gebore. Na voorbereidende onderwys in die Paarl en Stellenbosch het hy teologie studeer op ons Kweekskool en is hy 31 Oktober 1891 gelegitimeer. Gedurende ruim 42 jaar het hy op ywerige en toegewyde wyse drie gemeentes bedien, t.w. Warrenton (1891-1903); Vryburg (1903-1925) en Kalkbaai (1925-1933); ds. Perold het o.m. altyd daarvoor geywer dat ons Kerk hom by die veranderde landsomstandighede moes aanpas deur bv. die Kerk na die mense te bring. Hierdie beginsel het hy veral op Kalkbaai toegepas. Weens afnemende liggaamskragte het hy sy emeritaat in 1933 aangevra en verkry, hoewel hy daarna nog op versoek die gemeente ʼn tydlank bedien het. In 1934 het hy van haar afskeid geneem en hom in die Vrystaat ter woon neergesit. Op 25 Mei 1935, terwyl hy vir mediese behandeling in die Kaapstad was, is hy aan die woning van sy dogter wat met Ds. DB de Beer getroud is, ontslape.