
GEBORE
12 Jan. 1908
OORLEDE
19 Jun. 1990
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1935
ORDEN
1939
standplase
1939 Rossville
1944 Rouxville
1948 Brakpan
1957 Vrede-Wes
1962 Hennenman
Emeritus
–
Ds. Cornelis Johannes Perold (12.1.1908 – 19.6.1990)
Hy het sy teologiese studies aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voltooi en is aan die einde van 1935 gelegitimeer. Hy het die volgende gemeentes bedien: vanaf 29 April 1939 Rossville, 7 Oktober 1944 Rouxville, 17 Julie 1948 Brakpan, 24 Mei 1957 Vrede-Wes, 17 Februarie 1962 Hennenman en vanaf Julie 1967 Westonaria-Oos waar hy op 31 Maart 1976 sy emeritaat ontvang het. Ds. Perold was ‘n beskeie, minsame persoon wat diep spore in al sy gemeentes getrap het. Hy was ‘n swaer van ‘n vorige staatspresident, dr N Diedericks, en van wyle ds. Dan de Beer. Onder sy leiding is ‘n kerk en pastorie in Vrede-Wes opgerig en ‘n kerk en pastorie in Westonaria-Oos. Hy het in verskillende sinodale kommissies gedien en was voorsitter van die sendingkommissie van die Ring van Randfontein. Hy was ‘n voorbeeld en inspirasie vir almal wat hom geken het. Ds. Perold is op 19 Junie 1990 oorlede in die rype ouderdom van 82 jaar. Die begrafnis op 22 Junie 1990 het plaasgevind vanuit die Harmonie-kerkgebou. Die diens is waargeneem deur sy neef, dr Perold de Beer.