GEBORE
11 Mrt. 1854
OORLEDE
25 Febr. 1948
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1882
ORDEN
1883
standplase
1899 Molteno
Emeritus
1925
Ds. Abraham Johannes Pepler is ‘n seun van Franschhoek waar hy op die ou plaas La Motte op 11 Maart 1854 gebore is. Sy opleiding te Stellenbosch het hy onderbreek en ‘n tydjie onderwys gegee. In 1876 is hy terug na Stellenbosch, vir verder studie en sy teologiese studies in 1882 voltooi. Sy eerste gemeente was Venterstad waar hy in 1883 georden en bevestig is. Na ‘n bediening van sestien jaar het hy ‘n beroep na Molteno aangeneem waar hy 25 jaar lank werksaam was voordat hy sy emeritaat in 1925 aanvaar het. Hoewel hy baie beroepe ontvang het, het hy verkies om lank in ‘n gemeente te bly. Na sy emeritaat was hy nog in dertien gemeentes behulpsaam. In sy gemeentes was hy besonder geliefd want hy het nie net belang gestel in die sieleheil van sy gemeentelede nie, maar het ‘n hart gehad vir al hul belange. Sy bediening van 42 jaar was dan ook kennelik geseënd. Sy belangstelling in kerklike en teologiese sake het nooit verflou nie. Selfs in sy hoë ouderdom was hy nog lief om oor teologiese en ander wetenskaplike sake te redeneer. Hy is in die hoë ouderdom van 94 jaar op 25 Februarie 1948 Oorlede.