GEBORE
10 Jun. 1873
OORLEDE
23 Jul. 1944
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1911
ORDEN
1912
standplase
1914 Carnarvon
1926 Sondagsrivier
Emeritus
1937
Ds. Johannes Gustav Pauw het die eerste lewenslig op 10 Junie 1873 gesien. Na die voltooiing van sy studies aan die Kweekskool te Stellenbosch is hy teen die einde van 1911 gelegitimeer. Die volgende jaar is hy op 23 Februarie 1912 te Philadelphia in sy eerste gemeente georden en bevestig. Hier was sy bediening maar ‘n korte twee jaar toe hy ‘n beroep in 1914 na Carnarvon aangeneem het. Na ‘n 12-jarige bediening het hy in 1926 na Sondagsrivier vertrek. Hy het hom volkome gewy aan die werk waartoe hy hom geroepe gevoel het. Hy het alles veil gehad vir die belange van sy gemeentes. Sy arbeid was gekenmerk deur getroue toegewydheid en die evangelie het hy met die oortuiging van sy siel verkondig. Dit was vir sy laaste gemeente bitter swaar om van ‘n geliefde leraar afskeid te neem daar hy in 1937 om gesondheidsredes sy emeritaat moes aanvaar. Hy is op 23 Julie 1944 Oorlede.