GEBORE
8 Des, 1889
OORLEDE
14 Nov. 1937
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1917
ORDEN
1918
standplase
Heidelberg, Tvl. (Hpr.)
1920 Heidelberg, Tvl.
1925 Fordsburg
Emeritus
–
Ds. Jacobus Cornelis Pauw was ‘n kleinseun en naamgenoot van Eerw. JC Pauw van Wellington. Hy is op 8 Desember 1889 gebore. Hy het sy teologiese opleiding in ons Kweekskool ontvang en is, nadat hy in 1917 gelegitimeer is, ʼn beroep na Heidelberg, eers as hulpprediker van en later as tweede predikant naas wyle Ds. A. J. Louw. In 1925 het hy ‘n beroep aangeneem na Fordsburg, waar hy, eweas in sy vorige standplaas, met toewyding en algehele diensvaardigheid gearbei het tot ses maande voor sy afsterwe op 14 November 1937. Hy het die Ring van Johannesburg as Scriba en die Sinode tot twee maal toe as assistent-Scriba gedien en hy was ook lid van verskeie Sinodale Kommissies, waaronder die Sendingkommissie.