GEBORE
–
OORLEDE
4 Des. 1950
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1903
ORDEN
1904
standplase
Johannesburg-Oos (Hpr.)
1905 Noord-Rhodesië. Sending
1932 Strand
Emeritus
1943
Ds. Christoffel Petrus Pauw is ‘n seun van eerw. J. C. Pauw, in lewe dosent aan die Sendinginstituut te Wellington. Hy is in 1903 gelegitimeer en nadat hy ‘n tydjie as hulpprediker in Johannesburg-Oos werksaam was, het hy ‘n beroep na die Noord-Rhodesiese Sendingveld van die Vrystaatse Kerk aanvaar. Sewe-en-twintig jaar lank het hy met groot ywer en bekwaamheid hom aan die sendingwerk gewy. Hy was ‘n ware Sendingstaatsman en as hoof van die Sending van die Vrystaatse Kerk het hy ʼn belangrike bydrae gelewer om rigting te gee aan die beleid van ons Kerk in Noord-Rhodesië. Eers vanaf 1932 het hy weer ʼn blanke gemeente bedien. As leraar van Die Strand het hy geseënde werk verrig vanaf 1932 tot 1943 toe hy weens gevorderde leeftyd sy emeritaat aanvaar het