GEBORE
–
OORLEDE
11 Februarie 1958
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1909
ORDEN
1910
standplase
Emeritus
–
Eerw. Johann Jacob Pansegrouw is in 1909 gelegitimeer en het die volgende jaar na Zastron gegaan waar hy 48 jaar lank gestaan het tot op sy dood. Op sendinggebied het hy ‘n leidende rol gespeel, onder andere as Actuarius van die Sinode en deur sy bydrae in verskeie belangrike kommissies. Ook het hy groot dienste aan die moederkerk en aan die samelewing gelewer. Hy was baie jare lank in die skoolkommissie en skoolraad, 26 jaar in die stadsraad en verskeie kere burgemeester. Veertig jaar lank was hy ook lid van die Geloftedagkommissie. Ook as provinsiale raadslid het hy wakker opgetree en baanbrekerswerk verrig. By sy dood was hy die oudste dienende leraar in die N.G. Sendingkerk. Hy is op 11 Februarie 1958 oorlede ‘n paar dae voor sy 76ste verjaarsdag.