Pamushana beteken “by die sonskyn.” Hierdie tweede oudste stasie lê ongeveer 80 km oos van Morgenster en word in 1901 deur eerwaardes P. H. A. Fouche en L. du Plessis begin. Ongelukkig kan hulle nie lank daar arbei nie, omdat hulle in 1904 en 1906 respektiewelik die land met verswakte gesondheid moet verlaat. Ander sendelinge sit hul werk voort. Na du Plessis het eerw AC Jackson vir elf jaar daar diens gedoen.
Uit Olivier, P.L.1952. Wie is wie in ons sendingvelde? p. 4-8.
(Mededelings van eerw. A. C. Jackson)
Eindelik het ons – saam met ds. en mev. A. A. Louw en twee kinders — op Gwelo aangekom. Die volgende dag is ds. en mev. Louw weg Selukwe toe met die trein, terwyl ek met hulle twee kinders met Holloway se muilwa die reis van sowat 24 myl moes afreis, om die Louws op Selukwe op te Iaai en dan Fort Victoria toe. Toe ek nou op Morgenster aankom, het ek dadelik ‘n begin gemaak met die aanleer van die taal van die Vakaranga, want oor enkele maande moes die eerste eksamen plaasvind. Ek het tot vandag toe nie die uitslag verneem nie en het ook nie daarna gevra nie, want wie op aarde kan nou ‘n groot taal in vier maande aanleer?
Na ‘n verblyf van enige maande is ek na Pamushana verplaas, omdat die broeder Du Plessis nie langer daar kon bly nie, aangesien sy vrou baie siek was van malaria en die land moes uit. Ek word toe aangestel as plaasvervanger. Op ‘n muilesel is ek weg Harawe (‘n ou sendingstasie) toe en die volgende dag na Pamushana. Die naturel Shonai moes my rykdom dra en die pad aanwys. Pamushana beteken “by die sonskyn”. Op hierdie stasie sou ek elf jaar werksaam wees.
Hier moes die taal eenvoudig aangeleer word. Spoedig het die dag aangebreek dat die jong kêreltjie sy proefpreek in Cikaranga moes lewer. Wel, hy het nooit navraag gedoen nie, natuurlik nie ~ want wie doen nou navraag na sy flaters!
Ek moes toe in broeder Du Plessis se skoene inspring en het dit ook gedoen. By eerw. en mev. P. Fouche het ek ingewoon totdat prof. Du Plessis, wat op besoek was, my aanstaande medehelpster saamgebring het. Na agt maande het sy my egter, na haar eerste aanval van die koors, verlaat. Nie lank daarna nie moes eerw. Fouche die land verlaat omrede mev. Fouche gedwing het om my eggenote te volg, aangesien die koors ook haar lewe wou eis. Toe staan ek heeltemal alleen: my vrou is heengegaan en die Fouche ’s is met kind en aI weg. Later is ek egter Wellington toe met verlof en toe met mej. M. Pauw getroud. Saam het ons toe jare op Pamushana gewerk.
Tiere en Ieeus was daar baie, asook wildehonde en wolwe (hiënas). Ons het vier of vyf leeus en elf of meer tiere doodgemaak. asook baie wildehonde doodgeskiet. ‘n Wildehond en hiëna is seker van die lelikste diere wat daar gemaak is. Baie wilde diere het gif ingekry, maar dan gaan hulle in die lang gras dood en word verbrand as die gras aan die brand slaan.
Daar was ‘n tyd toe die hondsdolheid aan die beurt gekom het en twee van my en een van eerw. J. M. Joubert se kinders gebyt is. Die kinders moes ons wegbring na waar Salisbury vandag staan om inspuitings te kry, wat gelukkig wonderlik gehelp het. Die regering het toe ’n belasting van tien sjielings ‘n hond ingevoer. Die naturelle se toe: “Waar sal ons die geld kry?” Daarop spring hulle onder die honderde honde in en slaan byna almal dood en se: “Ons sal nie ons geld vir die ,Gavumende’ gee nie.” Die gevolg was dat ons krale kon besoek en byna nie een hond sien nie. Sodoende het die goewerment die siekte uitgeroei.
In die ou dae het ons baie “kraalwerk” gedoen. Ons het die krale besoek en vir die mense wat ons in die hande kon kry, van die Here en sy liefde vertel. Eendag het ds. Webb en ek by ‘n kraal aangekom waar die ,,nduna” of ,,she” van die Varozwi gewoon bet. Ons wil diens hou vir hulle. Die koning se toe: “Julle kan vir my vroue preek, maar nie vir my nie.” Wel, die vrouens word geroep en hy sit toe by hulle om te sien wat ons gaan doen, en terselfdertyd preek ons toe vir hom ook, want hy luister mos wat ons se. Hy was die grootste en vetste inboorling wat ek ooit gesien het. Ds. Webb was ook daar, want ons is uit op ’n verkenningstog om ‘n nuwe stasie te stig. Die aand kom ons aan by Chinombe se kraal en het ook daar geslaap. Chinombe was ook ‘n naturellehoof — nie so groot soos Jiri nie, maar.. . . ekskuus. .. . sy maag het voor hom op die grond gele, so vet was hy. Nou kom die vraag, wat het die twee hoofde so vet gemaak? Hulle is almal biersuipers van die eerste water. Nou ja, by die hoofman het ons toe die reg verkry om ‘n stasie (later Alheit) te stig. Dit was die beste plek, want daar was destyds ‘n oorvloed van water. Nou hoor ons van waterskaarste op die stasie.
Die gemeente Paarl het Pamushana van ‘n ryperd voorsien met die oog op die kraalwerk, en dit kan ons se, dat baie kraalwerk gedoen is. Vroeg in die more ry ons na een van die krale en roep dan die heidene bymekaar om die woord van Mgari te hoor. Maar nerens by die kraalwerk het ons ooit seen bespeur nie. Die groot werk is egter met die kinders. Die grootste moeilikheid het altyd die biersuipery gebly, wat feitlik dag vir dag plaasgevind het. In die aand is hulle omtrent almal beskonke. AlIes word deur middel van bier gedoen. Lande maak, lande saai, lande skoffel, lande oes, lande omkap, graan uitslaan en skoonmaak — vir alles is bier nodig. Tot vir die maak van ‘n huis moet daar bier wees: klei trap, gras sny, paaltjies kap en dra, huis dek en afpleister, alles word teen betaling met bier gedoen. As hy nie sy bier het om sy werk te doen nie, is hy radeloos.
Eendag moes dr. Helm en ek ‘n verkenningstog maak ten suidooste van Pamushana. Met ons vrag op perde is ons twee weg met twee draers; een dra die kos en die ander die komberse. Omtrent dertig myl anderkant Pamushana besluit ons om te kamp. Dis by ’n inboorlingstat. Ons kry ‘n hut wat pas gebou is met paaltjies en met gras bedek. Ons besluit om daarin te kamp. Dr. Helm en ek stap toe rond om die mense te besoek en met hulle te gesels. Skielik hoor ons ‘n geroep en daar sien ons dat die hut waarin ons wou slaap. aan die brand is. Ons hardloop om ons beddegoed te red. Dokter wil net in die vuur spring en ek gryp horn vas, en daar staan ons nou om te sien dat ons beddegoed en alles verbrand word. En so is ons die volgende oggend onverrigtersake terug huis toe. Ons meen dat dit moedswillig gedoen is, maar natuurlik kon ons dit nie bewys nie. Sover ons weet, is daar nog geen sendingstasie daar gestig nie. Tussen Pamushana en die kraal waar die ongeluk (?) plaasgevind het, staan nou ‘n Roornse stasie, ongeveer agt myl van Parnushana.
Ons seun Soulby is voor sy tyd gebore, en dit op Pamushana in die reentyd. Dinge het nie goed verloop nie en ons moes die heer Robert Richards vra om dr. Nightingale te gaan haal. Mnr. Richards het met sy fiets dorp toe ,,gevlieg” en erens ‘n kar en twee muile in die hande gekry, en toe ons weer sien: hier kom hy met die dokter aan, deur al die reen en rnodder. Die dokter het toe alles in sy vermoe gedoen en die liewe Here het albei lewens gespaar. Eerw. Pauw het Soulby destyds “dat wonderkind” genoem.
Nog steeds dank ons die Here vir al sy weldade aan ons bewys.
Eindelik het daar ‘n skomrneling plaasgevind. Br. I. Botha hou nie van die werk onder die leprose nie en my kinders moet skool toe gaan. Die liewe ou moeder het nog altyd vir hulle onderrig gegee. Nou word br. I. Botha Pamushana toe verplaas en ons na die
Leprosorium. Br. Botha kan nou sy seuns wegstuur en ek my kinders Morgenster toe. Elke Maandagmore gaan hulle en Iaat ons hulle weer Vrydagmiddag haal, totdat hulle later WelIington toe gestuur moes word.
Br. I. Botha is later as bestuurder van die A.S.K.-winkel op Fort Victoria aangestel en br. J. Malan op Pamushana geplaas, waar hy oorlede en begrawe is.