GEBORE
31 Aug. 1919
OORLEDE
7 Feb. 1990
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1940
ORDEN
1941
standplase
1941 Burger
1942 Noord-Rhodesië
1950 Jagersfontein/Fauresmith/Luckhoff
1957 Lindley
1963 Betesda
Emeritus
–
Dr Henry Charles Page (31.8.1919 – 7.2.1990).
Hy het na 44 jaar in die bediening finaal uitgetree. Na sy aftrede het hy hom naby sy kinders in die Strand gevestig. Dr Page het aan die einde van 1940 sy opleiding as sendeling aan die Sendinginstituut op Wellington voltooi. Vroeg in die jaar 1941 is hy na Noord-Rhodesië (Zambië); waar hy hard as sendeling gewerk het. Op 3 Julie 1943 is dr Page getroud met Aletta Swanepoel. Sy was hoof van ‘n dogterstehuis en het ook onderwys gegee op Magwero-sendingstasie. In 1949 is die egpaar na Suid-Rhodesië (Zimbabwe); ook as sendelinge, maar hulle was verplig om die land in 1950 te verlaat omdat hulle enigste seuntjie asma ontwikkel het. Vanaf 1950 was dr Page sendeling in die Vrystaat en in Transvaal waar hy geseënde werk gedoen het. Hy het verskeie gemeentes bedien. In 1959 het hy sy doktorsgraad in die teologie ontvang. In 1966 is dr Page na die Ned Geref. Kerk, waar hy eers die NG Gemeente Dunnottar bedien het en toe Soekmekaar. Hoewel hy reeds in 1977 afgetree het, het dr Page aangebly as leraar van die gemeente en waargeneem tot in 1985. Hy is begrawe uit die gemeente Faerie Glen.