
GEBORE
10 Aug. 1879
OORLEDE
22 Sept. 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1905
ORDEN
1911
standplase
Masjonaland
1934 Elandskloof
Emeritus
–
Eerw. Henry Herron Orlandini is op 10 Augustus 1879 gebore en was een van die jong manne wat as gevolg van indrukke gedurende die Tweede Vryheidsoorlog ontvang sy lewe gewy het aan die uitbreiding van die Godsryk. Na sy opleiding aan die Sendine-Instituut, Wellington het hy sy sendelings eksamen in 1905 afgelê. Geroepe gevoel na die buitelandse sending is hy op 6 April 1963 te Morgenster aangekom, maar sy groot werk was die opbouing van die stasie Alheit waar hy en sy eggenote van 1908 tot 1934 met getrouheid, erns en volharding gearbei het. Daarna het hy na die suide gekom en van 1934 tot 22 September 1938 die sendingstasie Elandskloof, in die distrik van Clanwilliam, geestelik en tydelik opgebou. Op 22 September 1938 is hy die môre tot hoër diens te Elandskloof opgeroep en uit die Groote Kerk, Kaapstad, ‘n dag of wat daarna te Woltemade, Maitland, begrawe.