Oosthuizen, Phillippus Cornelius

 

GEBORE

09 Mrt. 1929

OORLEDE

12 Okt. 1994

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1955

ORDEN

1956

standplase

1956 Stutterheim

1959 Komga

1961 De Aar

1963 Queenstown

1965 Postmasburg

EMERITEER

1966

Ds. Philippus Cornelius Oosthuizen BA 09.03.1929 – 12.1O. 1994

Ds. Oosthuizen is op die plaas Langrug in die distrik Alexandria gebore en ontvang ook sy sekondêre onderwys aan die Hoërskool op Alexandria. Nadat hy aanvanklik geboer het, gaan hy na Stellenbosch vir sy teologiese studies, behaal sy BA-graad en word gelegitimeer aan die einde van 1955.

Op 5 Maart 1956 word hy op Stutterheim georden. Na drie jaar aanvaar hy ‘n beroep na Komgha waar hy op 23 Mei 1959 bevestig word. Hier ervaar hy ernstige siekte, maar herstel sodanig dat hy ‘n beroep na De Aar aanvaar waar hy op 24 Junie 1961 bevestig word. Op 9 Oktober 1965 word hy te Postmasburg bevestig, maar word op April 1966 eervol ontslaan weens ernstige gesondheids-probleme. In Julie 1967 gaan hy as predikant na Windhoek-Noord en in 1973 na Aliwal-Noord.

In Oktober 1969 het hy weer ‘n hartaanval gehad.

In April 1974 aanvaar hy vir die eerste keer sy emeritaat (volgens ‘n koerant ‘na tweespalt by ‘n ringsitting).

Op 18 Oktober 1975 word hy weer beroep en bevestig te Elandspoor op Elandsfontein waar hy met vrug gearbei het tot by sy aftrede op 22 Mei 1988, nadat hy 32 jaar in die bediening was. Hy en sy eggenote het hulle aan die Weskus (waar hy gebore was) gaan vestig.

Hy was getroud met Rosa Vlok van Walmer in Port Elizabeth wat toe reeds lank sekretaresse van die destydse Strewers was. Uit die huwelik is vyf kinders gebore waar van een vroeg oorlede is. Hulle het die onderskeiding te beurt geval dat hulle die eerste egpaar was wat op die Suid-Transvaalse Sinode van 1988 albei afgevaardigdes was, hy as leraar en sy as diaken.

Ds. Oosthuizen het ‘n interessante bediening gehad en het die eer gehad, om as oud-rugbyspeler, vir dr Danie Craven sowel as die Springbokpaalspringer Dr. As Burger, in die eg te verbind.

Hy is op 12 Oktober 1994 op Saldanha Oorlede. Van hom kan gesê word dat hy ondanks groot beproewings en swak gesondheid enduit volhard het in sy roeping en dat die Here voorsien het. – DJ Viljoen.