Oosthuizen, John Robert

Ds. Oosthuizen Johan

GEBORE

17 Apr. 1923

OORLEDE

7 Apr. 1996

UNIVERSITEIT

BA, BTh

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Ds John Oosthuizen is op 17 April 1923 op Albertinia gebore en was ook daar op skool. Voordat hy die roeping om predikant te word ontvang het, het hy in die poskantoor gewerk en was reeds 21 jaar lankposmeester op Smithfield. Hy was ook ‘n skilder met besondere talent en baie van sy skilderstukke was gesog in sy gemeentes.

Hy trou in 1947 met Ina van Graan en hulle het drie kinders, naamlik Susan, Herman en Johan. Daar is vier kleinkinders.

Hy studeer aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch en word aan die einde van 1968 gelegitimeer. Op 25 Januarie 1969 word hy op Bethulie ontvang en georden. Ook die Goedemoed-deel van die gemeente ontvang hom gesellig.

Sy volgende gemeente was Bredasdorp waar hy op 19 April 1974 bevestig is. Sy derde en laaste gemeente was Parow waar hy op 2 Junie 1978 bevestig is. Aangesien hy reeds 45 jaar oud was toe hy die roeping tot evangeliebediening ontvang het, het hy na 20 jaar diens, op 27 April 1988 sy emeritaat aanvaar.

Hy was ‘n boeiende prediker en ‘n harde werker in die gemeente. Hy het getrou huisbesoek gedoen terwyl sy vrou hom meestal daarin vergesel het. Ook op Ringsgebied het hy sy gewig ingegooi. Hy beywer hom ook op kultuurgebied onder andere in die Geloftefeeskomitees. Hy het die Goedemoed-gevangenes gereeld besoek.

Vir John Oosthuizen was sy godsdiens baie belangrik. Nog voordat hy predikant geword het, het hy sy gewig ingegooi by die Kerkjeugaksie. Hy was ‘n toegewyde mens en het sy huisbesoek baie ernstig opgeneem. Sy preke was vir hom uiters belangrik en hy het elkeen letterlik van die Here afgebid. Hy was ‘n pa en raadgewer vir die hele gemeente en het geleef vir mense. Alles moes egter presies reg wees vir hom. Alles was deeglik beplan. Hy het selfs alles in verband met sy dood en begrafnis vooraf beplan en gereël.

Nadat hy sy emeritaat aanvaar het, het hulle vir agt jaar op Struisbaai gaan woon. Hy het nog weer gaan hulpdiens doen in Bredasdorp, tot aan die einde van 1995 en vir hom was dit die hoogtepunt van sy bediening.

Sedert 1994 was daar ‘n kankergewas in snr; slukderm. Dit het verbeter na behandeling, maar het later weer vinnig toegeslaan. Hy is 7 April 1996 Oorlede. – DJ Viljoen, uit verskillende bronne en ‘n gesprek met mev. I Oosthuizen.