GEBORE
–
OORLEDE
13 Jun. 1943
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1937
ORDEN
1938
standplase
1942 Duplooysburg
EMERITEER
–
Ds. Jacobus Frederik Daniel Oosthuizen het sy Proponentseksamen in 1937 afgelê en is toe as hulpleraar na Swartland waar hy in 1928 as medeleraar beroep en georden is. Hier het hy met die grootste toegewydheid gewerk tot 1942 toe hy ‘n beroep na Duplooysburg aangeneem het. Dit was hom gegun om hier vir ‘n kort tydjie te werk daar hy onverwags op Pinkster-Sondag, 13 Junie 1943, oorlede is. Met groot opoffering het hy hom vir die evangeliebediening voorberei, dog die mees ontmoedigende omstandighede kon sy brandende begeerte om in die diens van die Here te staan, nie uitdoof nie. Sy hele lewe getuig van volharding en deursettingsvermoë en daarby was hy ‘n besonder minsame persoonlikheid. Hierdie laaste karaktertrek veral het hom dan ook in staat gestel om ‘n plek in die harte van sy gemeentelede te verower wat sekerlik deur ander geëwenaar was maar nooit oortref kan word nie. Iedereen wat die eer en voorreg gehad het om hom te ken betreur nie alleen sy vroeë heengaan nie, maar ook dat sy bediening, wat so geseënd en vrugbaar was, so kort van duur moes wees. Hoe menigvuldig is die dienste wat hy nog vir sy Meester sou kon verrig. Die mens wik, maar God beskik, en daarom ook het Hy sy getroue dienskneg opgeroep tot hoër diens, nadat hy menslikerwys gesproke slegs vir ‘n wyle in sy akker kon arbei.