GEBORE
24 Nov. 1890
OORLEDE
16 Okt. 1971
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1917
ORDEN
1918
standplase
1918 Brakpan
1923 Indwe
1928 Bethulie
1932 Transkei-Sending
1952 Drakenstein
EMERITEER
1960
Dr. Jacobus Christiaan Christoffel Oosthuysen, een van ons kerk se kleurrykste figure en „die laaste van (ons) Sending pioniers”, is op 16 Oktober 1971 op Stellenbosch Oorlede. Hy is op 24 November 1890 in die Oos-Kaaplandse distrik Cathcart gebore. Na sy legitimasie in 1917, werk hy in die gemeentes Brakpan (1918); Indwe (1923) en Bethulie (1928); voordat hy in 1932 na ons kerk se nuwe sendingveld, die Transkei, gaan. Sy grondige kennis van die Xhosa taal en die mense onder wie hy moes arbei, het hom uitnemend geskik gemaak vir die taak waaraan hy hom vir die volgende twintig jaar sou wy. Hy het dan ook merkwaardige baanbrekerswerk verrig en, benewens die aanleg van die stasie Isilimela, die grondlêer geword van die hospitaal werk, die Efata-skool vir Bantoe-blindes en -dowes naby Umtata en die teologiese opleiding op Decoligny. Sy bydrae maak inderdaad ‘n belangrike hoofstuk uit van die Sending geskiedenis van ons land. Uit sy pen het daar ‘n hele aantal geskrifte verskyn wat vir die bevordering van die werk betekenisvol was. Met die stigting van die Kaaplandse Bantoe kerk in November 1951, is hy tot eerste moderator verkies. Vir die laaste agt jaar van sy aktiewe bediening (1952- 1960) bedien hy die Bantoe gemeente Drakenstein. Selfs na sy aftrede beywer hy hom nog met ‘n onblusbare ywer vir die geestelike heil van die Bantoe en die Kleurling. Heel gepas dushet die Universiteit van Port Elizabeth hom vroeër vanjaar met ‘n doktorsgraad vereer. Sy seun, ds. J. C. Oosthuysen, bedien tans die Bantoe gemeente Drakenstein. (Jaarboek 1972/539).