Oosthuizen, Frederik Albertus

DS. Oosthuizen Frederik

GEBORE

10 Sep. 1928

OORLEDE

20 Jul. 1984

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1952

ORDEN

1952

standplase

1952 Carolina

1956 Barberton

1957 Nelspruit

1962 Thabazimbi

1965 Ladybrand

1968 Noordeinde

1973 Gochas

EMERITEER

Ds Frederik Albertus (Freddie) Oosthuizen (10.9.1928 – 20.7.1984) wat eers verskeie sending- en daarna twee moedergemeentes bedien het en ook aan die hoof van die twee kerklike kinderhuise gestaan het, was ten tyde van sy onverwagte heengaan leraar van Gochas, SWA. Hy ontvang sy opleiding vir die bediening aan die Wellingtonse Sendinginstituut en word nog in die jaar van sy 1952 – as leraar van die Noord-Transvaalse NGKA-gemeente Carolina bevestig. Daarna bedien hy agtereenvolgens die Transvaalse NGKA-gemeentes Barberton (1956); Nelspruit (1957) en Thabazimbi (1962) en die Vrystaatse NGKA-gemeente Ladybrand (1965); voordat hy in 1967 hoof van die Steynsburg-Kinderhuis word. Die jaar daarna word hy leraar van die NG gemeente Noordeinde in Port Elizabeth en in 1973 direkteur van die bekende Weeshuis op Durbanville, voordat hy in Augustus na sy laaste gemeente gaan.