GEBORE
4 Mrt. 1929
OORLEDE
11 Jul. 2013
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1954
ORDEN
1955
standplase
955 Montclair
1959 Suidkus
1961 Burgerspark
1964 Bellville-Wes
1967 Kaapstad
1972 Universiteitsoord (Studenteleraar tot 1975)
1990 Pretoria-Oos (opdrag: Wyk Noord-Europa stdpl Londen kpln. SAW)
1994 SA gemeente Londen/SACongr London
EMERITEER
1995
Ds Dirk Oosthuizen (BA, BD) 4 Maart 1929 – 11 Julie 2013
Dirk Johannes JacobusOosthuizen is op 4 Maart 1929 op Leeudoringstad in die destydse Wes-Transvaal gebore. Sy vader is Johannes BernardusOosthuizen, wat die Here as boer dien; sy moeder, Petronella Catharina Cilliers, is ‘n huisvrou en orrelis. Dirk se ouma, Martie Cilliers, het ‘n groot geestelike invloed op sy lewe en van sy moeder leer hy totale afhanklikheid van die Hemelse Vader.
Dirk begin sy skoolloopbaan in 1935 op Perdedrift in die distrik Lindley en hy is van 1940 tot 1942 ‘n leerling aan die Laerskool Lindley. Hy is in 1943 aan die Hoërskool Lindley en vanaf 1945 aan die Hoërskool Senekal, waar hy in 1946 matrikuleer. Hy blink uit in atletiek en is ‘n lid van die Voortrekkers; hy is hoofprefek in matriek en ‘n ywerige duiweboer.
Dirk voel geroepe om predikant te word en begin in 1947 met sy BA-studie aan die Universiteit Pretoria; hy werk in dië tyd by die Merensky-biblioteek. In 1951 word hy ‘n student aan die Fakulteit Teologie (AfdB) aan Tukkies, waar hy ‘n BD-graad verwerfen aan die einde van 1954 as proponent van die NG Kerk gelegitimeer word. Hy ontvang ‘n beroep na die NG Gemeente Montclair in Durban, waar hy op 2 April 1955 met handoplegging bevestig word. ‘n Maand voor sy bevestiging, op 5 Maart 1955, trou hy met Linda Aletta Joan Rathbone van Steytlerville. Sy is ‘n maatskaplike werker en ‘n liefdevolle lewensmaat, wat Dirk tot die einde van sy lewe met liefde en sorgsaamheid sou ondersteun.
In 1958 word Dirk en sy jong vrou die leraarspaar by die NG Gemeente Suidkus op Amanzimtoti in Natal, totdat daar ‘n beroep kom na die NG Gemeente Burgerspark, in die hart van Pretoria – waar hy op 17 Junie 1961 leraar word en tot 1964 met groot seën werk. Die bekende dr (Heilige) Dawid de Villiers was toe sy kollega. Op 25 Julie 1964 verhuis die leraarspaar na die Kaapse Skiereiland, toe Dirk die leraar by die NG Gemeente Bellville-Wes word. Hy word bekend en geliefd in die omgewing. En op 26 Augustus 1967 word hy medeleraar in die Groote Kerk in Kaapstad, waar hy uitstekende werk lewer en ‘n aanwins is vir Kaapstad en sy mense.
Maar die Here stuur sy dienskneg terug na die Jakarandastad, toe hy op 28 Mei 1972 studenteleraar by die NG Gemeente Universiteitsoord word.
In 1975 word hy onthef van studentebediening en hy word leraar van die nie-studentelidmate by Universiteitsoord – ‘n amp wat hy met onderskeiding tot in 1990 beklee. Dr Michiel Botha, wat saam met ds Gerhard Koen, dr Julian Miiller en dr William Nicol sy kollegas in Universiteitsoord was, skryf in ‘n huldeblyk: “Pastoraat enprediking was deur sy hele bediening diê twee dinge wat hom na aan die hart gelê het. Met die gawes wat die Here aan hom gegee het, het hy die deure na baie harte oopgemaak. Hy was hartstogtelik lief vir die Here. En juis omdat hy naby aan die Here geleefhet, was dit moontlik vir ander om deur hom te kon hoor wat die
Here aan elkeen wou s /é. Sy liefde vir die NG Kerk – wat vir hom die ruimte was waarbinne hy die Here end-uit met getrouheid gedien het – was onvervals. In die kerk, ook in breë verband, het hy vertroue en waardering geniet.”
Op 1 Desember 1990 word Dirk ‘n kapelaan in die SA Weermag, met opdrag die bearbeiding van oorsese lidmate in die wykNoord-Europa- ‘n deel van die NG Gemeente Pretoria-Oos. Hy is verantwoordelik vir die stigting van die SA Gemeente in Londen. Hy tree af op 8 Januarie 1995 en word op 1 April 1995 pastorale hulp in die NG Gemeente Derdepoort.
Later word Dirk en Linda Oosthuizen deel van die liefdes-eenheid by Huis Herfsblaar, waar hy help met prediking daar asook by Huis Susan Strijdom. A&le Visser van die gemeente Hartbeesspruit-Queenswood skryf: “Hy word onthou as ‘n mens-mens en kon met sy warm glimlag en hartlike drukkies sommer alles wat verkeerd was regmaak.” Ds Freek Swanepoel het hom beskryf as ‘n advertensie vir die Christelike geloof en die NG Kerk, terwyl ds Jan van den Berg sy liefde vir prediking en mense uitgesonder het.
Uit Dirk en Linda se huwelik is sewe kinders gebore – vyf dogters en een seun. Ina is getroud met ds Barry van der Merwe, wat ‘n gemeente in Randburg bedien; Hans Oosthuizen is ‘n prokureur en woon in Pretoria; Ronel is getroud met dr Hendrik Meyer, ‘n veearts in Boksburg; Linda is getroud met ds Jan Steyn, en tans bedien hulle ‘n Presbiteriaanse gemeente in Skotland; Alta is getroud met Pieter Pienaar van Pretoria; Elsa is getroud met Paul Harley. Daar is 21 kleinkinders en drie agterkleinkinders.
In Maart 2013 is pankreaskanker by ds Dirk Oosthuizen gediagnoseer – ‘n uitklophou wat hy met geloofsmoed en blymoedigheid aanvaar het. Dit was vir Dirk en Linda wonderlik om gedurende Junie 2013 by hulle kinders in Skotland te gaan kuier, en ook ‘n toegiftoe hy op 29 Junie, terug in Suid-Afrika, sy eerste agterkleinkind kon vashou. Die siekte het egter vinnig sy tol begin eis en Dirk is in die siekeboeg van Huis Herfsblaar versorg, waar die einde skielik op 11 Julie 2013 aanbreek. ‘n Dankdiens vir sy lewe is op 16 Julie 2013 in die NG Kerk Queenswood gehou. Dit is waargeneem deur sy skoonseun, ds Barry van der Merwe. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM