Oosthuizen, Daniel Stephanus

 

GEBORE

15 Jan. 1926

OORLEDE

4 Apr. 1969

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1956

ORDEN

1956

standplase

EMERITEER

Prof. dr. Daniël Charl Stephanus Oosthuizen is op 15 Januarie 1926 gebore en het sy teologiese opleiding op Stellenbosch ontvang, waar hy in 1956 as proponent gelegitimeer is. Hy het egter nooit tot die aktiewe bediening toegetree nie. Na verdere studie in die buiteland is hy as senior lektor aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangestel, en het later professor in die wysbegeerte op Grahamstad geword. Hy is op 4 April .1969 op 43-jarige leeftyd skielik aan ‘n hartaanval Oorlede.(Jaarboek 1970/462).