
GEBORE
23 Apr. 1919
OORLEDE
6 Des. 1978
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1951
ORDEN
1952
standplase
1952 Thaba Nchu
1963 Eloffsdal-Wes
1965 weer beroepbaar
1966 Na Sendingkerk: Pofadder
1971 Oos-Londen-Suid
EMERITEER
1974
Ds. Willem Jacobus Olivier (23.4.1919 – 6.12.1978); wat die laaste paar jaar van sy lewe op Durbanville gewoon het waar sy eggenote matrone van ‘n tehuis vir bejaardes was, is einde 1951 na die voltooiing van sy studies op Stellenbosch, tot die bediening toegelaat. Daarna bedien hy eers die Moeder-gemeentes Thaba Nchu (waar hy 13.12.1952 georden is) en Eloffsdal-Wes (Pretoria) (1963 tot 1965 toe hy demissie kry); toe die sendinggemeente Pofadder (1966) en daarna die Moedergemeente Oos-Londen-Suid van 1971 af totdat sy emeritaat 10.3.1974 aan hom verleen word. (Jaarboek 1980/246).