
GEBORE
21 Jun. 1918
OORLEDE
26 Aug. 2008
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1942
ORDEN
1943
standplase
1943 Louis Trichardt
1945 Vergenoeg
1951 Redaksionele Hoof, N.G. Kerk Uitgewers
1960 Assist.-red. „Die Kerkbode
EMERITEER
–
Ds. Phil Olivier (BA, BD) (21/06/1918 – 26/08/2008)
Philippus Lodewickus Olivier is op 21 Junie 191 8 in Germiston gebore. Sy vader was Johannes Diederik Olivier en sy moeder Christine Elizabeth Lamont.
Phil het in 1924 sy skoolopleiding aan die Laerskool Germiston-Suid begin, en in 1934 het hy aan die Hoërskool Germiston gematrikuleer. Na skool het Phil vanaf 1935 tot 1 937 aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer, waar hy die BA-graad verwerf het. In 1938 het hy ‘n student aan die Teologiese Fakulteit (Afd B) aan die Universiteit van Pretoria geword. Hier het hy in 1941 die BD- graad ontvang. Einde 1942 is hy as proponent gelegitimeer.
Ds. Phil is op 10 Maart 1945 met Petro Verster getroud, en hulle het twee dogters gehad, Marietjie en Christine. Met sy afsterwe het ds. PhiI vier kleinkinders gehad.
Na ‘n kort bediening op Louis Trichardt, het Phil in 1945 leraar van die NG Gemeente Vergenoeg in Kenia geword, en in 195 1 het hy en sy gesin na Kaapstad verhuis. Op 1 Augustus1951 het ds. Phil Olivier redaksionele hoof van die NG Kerk Uitgewers in Kaapstad geword, ‘n pos wat hy tot einde 1 959 beklee het. Hulle huis in Kaapstad het hulle Vergenoeg genoem, ‘n naam wat hulle herinner het aan hulle wonderlike tye in Midde-Afrika. In die tyd was Die Jaarboek van die NG Kerk deel van sy verantwoordelikheid, en tydens die Van Riebeeckfeesviering in Kaapstad was ds.
Phil betrokke by die samestelling van Ons Gemeentelike Feesalbum.
In 1960 het ds. Phil Olivier assistentredakteur van Die Kerkbode in Kaapstad geword. In die tyd het die redakteur, ds. MJ van der Westhuyzen, na een en twintig jaar afgetree en het ds. Phil Olivier as redakteur waargeneem. Op 31 Maart I 960 het ds. AP Treurnicht die nuwe redakteur geword, en het hy en ds. Phil Olivier sewe jaar lank saamgewerk. Dr Treumicht se sieninge het wye aanklank gevind, maar ook kritiek uitgelok. Sake soos die Cottesloe- kerkeberaad en die pogings om afsonderlike ontwikkeling Skriftuurlik te regverdig, het intense spanning tussen groepe gebring.
By Die Kerkbode was ds. Phil Olivier ‘n profetiese stem. Hy kon hom nie vereenselwig met dr Treurnicht se standpunte nie. In 1967 het dr Andries redakteur van die nuwe Transvaalse koerant, Hoofstad, geword, en daarna het die kommissie vir kerklike tydskrifte besluit om die pos van assistentredakteur af te skaf. Ds. Phil Olivier moes binne ses maande die pos ontruim, en mense na aan hom het geweet dat hy Die Kerkbode met hartseer en verwonding verlaat het. Dit was vir ds. Phil en Petro Olivier ‘n teleurstellende sameloop van omstandighede, maar hy het ook beleef hoe die kerk die lig gesien het.
Ds. Phil Olivier het in 1967 leraar van die NG Gemeente Bulawayo-Noord geword, en in sy dienstyd is ‘n nuwe orrel ingewy. In 1972 het die gemeente Wankie ook deel van sy arbeidsveld geword, en het die Wankie-mynramp kort daarna groot hartseer gebring. In 1973 het hulle na Philippolis vertrek.
Op 1 Augustus 1976 het ds. Phil ‘n betrekking by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika by die hoofkantoor in Kaapstad aanvaar. Hy het hoofsekretaris van publikasies en distribusie geword, en was ook die direkteur van manuskripte en publikasies. Hy het op 31 Junie 1983 sy emeritaat aanvaar en die egpaar het hulle op Plumstead gevestig. Na sy aftrede het hy ‘n jaar lank nog vir die Bybelgenootskap gewerk, veral met die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. Hy het ook proefleeswerk en vertaalwerk gedoen, in besonder met die Protestantse Reveille. Ds. Phil Olivier het 15 publikasies uitgegee.
In 1984 het ds. PhiI en Petro Olivier na Gans- baai getrek, en in 1993 het hulle hulle na Melkbosstrand gevestig. Nege jaar voor sy dood het ds. Phil ‘n beroerte gehad. Ds. Phil is op 26 Augustus2008 Oorlede. Dr Francois Hanekom, leraar van die NG Gemeente Bloubergstrand, het ‘n treffende troos- en gedenkdiens in die versorgingsentrum se kapel gehou.