Olivier, Mieder Johannes Palm

Ds. Olivier Mieder

GEBORE

19 Apr. 1919

OORLEDE

31 Jan. 2003

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1945

ORDEN

1946

standplase

1946 Cachet

1947 Delmas

1958 Skanskop

1960 Potchefstroom-Suid

EMERITEER

Dr Mieder Johannes Palm Olivier (BA, BA HONS, BD, PhD, MA) 19/04/1919 – 31/01/2003

Mieder Olivier, die man met die groot stem en die deurdringende kyk; die man met die gereformeerde hart; die man met die passie vir studie, die kenner van Kuyper, die redenaar met gevleuelde woorde – is Oorlede. ‘n Legende in sy eie tyd is nie meer by ons nie.

Achell, in die distrik Rhodes in die Oos- Kaap gebore. Sy vader, Diederik Johannes Olivier, en sy moeder, Johanna Maria Frederika Palm, het geboer. Hy het sy hele skoolopleiding van die Laerskool (1925 tot 1931) en Hoërskool Barkly-Oos (1932 tot 1936) ontvang. Op skool het hy viool gespeel en was hy voorsitter van die redenaarsvereniging.

Hy het sy studies vanaf 1947 aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gedoen. Hier is die gereformeerde grondslag wat lewenslank vormend op sy teologiese ontwikkeling sou inwerk, gelê. Sy groot mentor was die bekende digter-teoloog Totius (prof JD du Toit); en hy het dikwels gesê dit was ‘n lewensvoorreg om aan die voete van so ‘n leermeester te kon sit. Hy het dikwels in sy preke van Totius se gedigte aangehaal.

Op Potchefstroom het hy die grade BA in 1944 (cumlaude); BA Hons (cumlaude) en BD (cum laude) geslaag. Vir drie jaar het hy ook as dosent in die Wysbegeerte opgetree saam met die bekende prof HG Stoker.

Omdat hy ‘n NG lidmaat was en ‘n NG predikant wou wees, het hy in 1945 na die Universiteit van Pretoria gegaan en sy proponentsjaar-verpligtinge summa cum laude afgelê. In daardie jaar was hy ook die wenner van die redenaarskompetisie van UP.

Totius sou lewenslank sy mentor bly. Daar was ook twee ander teoloë wat hom geïnspireer het. Dit was dr Abraham Kuyper van Nederland en Johannes Calvyn. Sy doktorale proefskrif was “‘n Kritiese beskouing van die Eskatologie van Abraham Kuyper”. Hy het aanklank by hierdie teoloë gevind omdat hy dieselfde skerp analitiese en intellektuele vermoë gehad het. Dit het meegebring dat hy teologies helder gedink en suiwer geformuleer het. Sy insigte het getuig van wysheid en sy kragbron was die Woord van God.

Op 2 Januarie 1943 het hy in die huwelik getree met Ella de Lange (suster van die bekende ds. Nico de Lange) en uit die huwelik is vier kinders gebore: Elsam (1944); Erika (1947); Elize (1950) en Mieder (1954); Daar is reeds agt kleinkinders. Sy eggenote het hom op 11 April 1990 ontval en daarna het hy die eensaamheid probeer verdryf met ‘n MA-studie aan die Universiteit van die Witwatersrand oor “Aspekte van die Pragmatisme van Charles Sanders Peirce”. Dit het hy in 1994, op die ouderdom van 75, met lof geslaag.

Wat sy bediening betref, is hy in November 1945 in Pretoria gelegitimeer en sy eerste gemeente was Cachet (Primrose); waar hy in 1946 georden is. Die volgende jaar (1947) het hy ‘n beroep na Delmas aanvaar waar hy elf jaar gearbei het. In 1958 het hy verskuif na die gemeente Skanskop in Pretoria en het hy onder meer die grond vir ‘n kerk en pastorie op die verdedigingsterrein van destyds verkry.

In 1960 het hy na Potchefstroom terug- gekeer waar hy tot met sy aftrede, 28 jaar later, diep spore getrap het. Hy het in 1988, toe hy reeds 69 jaar oud was, emeritaat aanvaar.

In breë kerklike verband het dr Olivier ook diep spore getrap. Wanneer hy in sinodale vergaderings gepraat het, het almal geluister. Hy het etlike Algemene Sinodes bygewoon. Hy was ook assessor van die Sinode van Wes-Transvaal, skriba van leer en aktuele sake van Wes-Transvaal en jare lank lid van die Algemene Sinode se Leer en Aktuele sakekommissie. Hy het in die Eksamenkommissie en in die Kuratorium van die Teologiese Fakulteit van Pretoria gedien.

Soos Calvyn, het hy hom ook vir die openbare lewe diensbaar gestel. Hy het van 1962 tot 1967 in die stadsraad van Potchefstroom gedien en is tot voorsitter van die Bestuursraad en later tot onder- burgemeester verkies. Soveel agting was daar vir sy bydrae en diens dat een van Potchefstroom se voorstede na hom ver- noem is, Miederpark. ‘n Gemeente is ook later gestig wat hierdie naam het.

Hy is op 31 Januarie 2003, op byna 84- jarige ouderdom, aan ‘n hartaanval oorlede. Vir sy kinders en kleinkinders was Mieder Olivier nie ‘n teoloog nie, maar ‘n Mieder Olivier is op 19 April 1919 op vader en vriend. Sy lojale vriendskap sal ook deur almal wat hom geken het, in hoë eer gehou word. Sy lewe en werk laat ‘n besielende voorbeeld na wat binne sy in- vloedsfeer in die NG Kerk sal voortleef. (Dirk Viljoen, opgestel aan die hand van ‘n “nekrologie” van dr Rassie van Niekerk en sy biografiese vorm wat hy op 18/12/ 2000 ingevul het.)