Olivier, Johannes Gerhardus

 

GEBORE

5 Feb. 1890

OORLEDE

27 Aug. 1966

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1915

ORDEN

1915

standplase

Wellington (Hpr.)

Fraserburg

Jansenville

Cradock

1933 Org. Sendingsekr., Kaapse Kerk

1940 Binnelandse Sendingsekr.

EMERITEER

1958

Ds. (Sen.) Johannes Gerhardus Olivier

Hy is op 5 Februarie 1890 op Oudtshoorn gebore. Na sy legitimasie in 1915 was hy byna twee jaar lank hulpprediker op Wellington; daarna het hy agtereenvolgens die gemeentes Fraserburg, Jansenville en Cradock bearbei. In 1933 het by Organiserende Sendingsekretaris van die Kaapse Kerk geword, in 1940 Binnelandse Sendingsekretaris, en in 1947 Algemene Sendingsekretaris, tot op sy emeritaat in 1958. Toe is hy tot verteenwoordiger van die Kleurlinge in die Senaat benoem – ‘n taak wat hy met die nodige kennis, insig en begrip kon verrig. Hy het feitlik ‘n leeftyd aan die bevordering van die sendingsaak gewy. Hy is na ‘n lang siekbed en verskeie operasies op 27 Augustus 1966 oorlede, in die ouderdom van 76 jaar. (Jaarboek 1967/565).