Olivier, Andreas Johannes

Ds AJ Olivier

GEBORE

19 Sept. 1884

OORLEDE

15 Jul. 1949

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1913

ORDEN

1914

standplase

1914 Reivilo

1921 Salisbury

1922 Reivilo

1926 Vryburg

1931 Brandfort

EMERITEER

Ds. Andreas Johannes Olivier is ‘n seun van Ficksburg alwaar hy op 19 September 1884 gebore is. Sy matrikulasie-eksamen het hy te Franschhoek afgelê en daarna is hy na Stellenbosch. Aan die einde van 1913 is hy gelegitimeer en sy eerste gemeente was Boetsap (later Klein-Boetsap) waar hy in 1914 bevestig is. Die sentrum van die gemeente is later verlê en toe is die naam Reivilo gegee, vernoem na ds. Olivier. In die jaar 1921 is hy na Salisbury, maar in 1922 is hy weer terug na sy eerste gemeente, waar hy gearbei het tot 1925. Na ‘n vyfjarige bediening te Vryburg, is hy in April 1930 na Brandfort waar hy in 1944 sy emeritaat aanvaar het. In al sy gemeentes het hy met groot seën gearbei. Sy aangename persoonlikheid en vriendelikheid het hom ‘n gewilde herder gemaak. Pligsgetrou en met toegewydheid het hy opgetree in sy gemeentelike werksaamhede. Van hom word getuig dat sy prediking gekenmerk was deur skrifgebondenheid, deeglike voorbereiding en ‘n intieme kennis van die Skrif en die belydenisskrifte. Hy het die kuns verstaan om tot die hart van die gemeente te spreek. Sy lewe is versier deur sy godsvrug en liefde vir sy Meester. Hy is op 15 Julie 1949 oorlede.