Odendaal, Michiel Wilhelm

Ds. Odendaal Michiel

GEBORE

9 Mei 1879

OORLEDE

27 Nov. 1968

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1907

ORDEN

1908

standplase

1908 Heilbron (Hpr.)

1909 Koppies

1911 Greytown

1925 Dundee

1942 Weza-Port Shepstone

1945 Emeritus

1948 McGregor

EMERITEER

1951

Ds. Michael Wilhelm Odendaal is op 9 Mei 1879 in die distrik Rouxville gebore. As jong man het hy gedurende die Tweede Vryheidsoorlog sy teologiese studies op Stellenbosch onderbreek om by die Boeremagte aan te sluit. Hy is gevange geneem en na Ceylon gestuur. Na sy terugkeer het hy sy studies voortgesit en is hy in 1907 gelegitimeer. Hy het die volgende gemeentes agtereenvolgens bedien: Heilbron, Koppies, Greytown, Dundee (17 jaar lank) en Weza-Port Shepstone en in verskeie belangrike kommissies gedien. In 1945 het hy sy emeritaat aanvaar en ‘n paar jaar lank in verskillende gemeentes gehelp. In 1948 het hy ‘n beroep na McGregor aangeneem, totdat hy in 1951 afgetree het. Tussen 1916 en 1945 was hy sestien maal tot Moderator en twee maal tot Assessor van die Natalse Sinode gekies. Hy was die dryfkrag agter die stigting van die Greytown-Kindertehuis, en ‘n groot kamp-vegter vir Afrikaans en die opvoeding van die Afrikanerkind in Natal. Hy is op 27 November 1968 in die hoë ouderdom van 89 jaar Oorlede. (Jaarboek 1970/461)