gebore
5 Jul. 1863
OORLEDE
31 Jan. 1932
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1902
ORDEN
1903
standplase
1906 Montagu
1913 Aberdeen (Hpr.)
1920 Hospitaalbearbeider
EMERITEER
–
Eerw. Daniel Christiaan Odendaal is 5 Julie 1863 in die gemeente Heidelberg, Kaapprovinsie, gebore. Na ‘n kragdadige bekering op ongeveer dertigjare leeftyd, het hy dadelik begin getuig watter groot dinge die Here vir hom gedoen het en sy getuienis was so kragtig en vrugbaar dat die lus by hom gewek is om sig aan die werk van die Heer te wy. Vereers het hy saam met Eerw. RH Daneel in baie gemeentes rondgegaan om spesiale evangelisasie-dienste te hou, en hulle arbeid was ryk geseën. Later het hy enige tyd aan studie in die Opleidings-Instituut gewy dog hy het dit nie ver in sy literariese kennis gebring nie. In 1901 is hy as evangelis geëksamineer en toegelaat om sending-werk te gaan doen. Sy eerste werkkring was Oudtshoorn waar hy op 9 Februarie 1902 deur drang van buitengewone omstandighede en met toestemming van die Ringskommissie georden is, hoewel hy nie aan die gewone eise van die wet, wat sy toelating betref, voldoen het nie. Daar is egter in ons Kerkbestuur onening gelaat vir die toelating tot die evangelie-bediening van persone “wat begaaf is met, besondere gawes van godsaligheid, ootmoedigheid, sedelikheid, goeie ver-stand en diskresie, asook met die gawe van welsprekendheid.” Eerw. Odendaal was by uitnemendheid een van daardie persone. Na Oudtshoorn het die sending-gemeente Montagu bearbei. Later was hy hulpprediker van die moedergemeente Aberdeen, en gedurende die laaste jare was hy verantwoordelik vir die geestelik bearbeiding van die hospitale in Johannesburg – ‘n werksaamheid waarvoor hy in die wieg gelê was. Sy arbeid aldaar sowel as elders was ryk geseën. Hy het ‘n helder en versiende geestelike oog gehad en hy kon Gods Woord op oorspronklike en treffende wyse uitlê en toepas. Op 31 Januarie 1932 is hy sy ewige rusingegaan.