
gebore
15 Nov. 1921
OORLEDE
23 Okt. 1988
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1946
ORDEN
1947
standplase
1947 Kriel
1950 Bloemfontein-Wes
1951 verdere studie
1952 Bloemfontein-Wes
1960 uit bediening
EMERITEER
–
Prof Bernardus Johannes Odendaal (15.11.1921 – 23.1O. 1988) is op Middelburg, Trans- vaal gebore alwaar hy ook gematrikuleer het. Hy het sy teologiese opleiding in Pretoria ontvang, waar hy in 1946 gelegitimeer is. Hy het die gemeentes Kriel (Maraisburg) en Bloemfontein-Wes bedien. In laasgenoemde gemeente was hy ook studenteleraar. Prof Odendaal het sy doktorsgraad aan die Vrye Universiteit in Amsterdam verwerf met ‘n proefskrif oor die kerklike betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika. Nadat hy ‘n paar jaar uit die bediening was, het hy in 1971 senior lektor en later professor aan die Universiteit van Zoeloeland geword. Na sy aftrede in 1987 het hy en sy vrou hulle in Pretoria gevestig. Prof Odendaal word oorleef deur sy vrou, Yvonne, en drie seuns.