Odendaal, Andries Albertus

 

gebore

12 Jul. 1917

OORLEDE

24 Apr. 2004

UNIVERSITEIT

B.A., M.Th., Th.Drs

gelegitimeer

1938

ORDEN

1939

standplase

1939 Randfontein

1942 Compounds (Johannesburg)

1945 Voortrekkerhoogte

1947 Stofberg-Gedenkskool en Oranjeville

1949 StofbergGedenkskool en dosent aan die Teol. Skool

1960 Rektor Teologiese Skool Witsieshoek en sendeling Witsieshoek-Sendinggemeente.

EMERITEER

Prof Andries Odendaal (BA, MTh, D.Th.) 12/07/1917 – 24/04/2004

Andries Albertus Odendaal is op 12 Julie 1917 op Standerton gebore, die tweede seun van Wessel MJ Odendaal en Maria Magdalena (Miemie) van Schalkwyk. Sy vader was ‘n boer, winkelbestuurder en tesourier op Stoffberg en sy moeder ‘n onderwyseres. Hulle het van 1919 tot 1929 op die plaas Doornhoek by Soekmekaar gewoon, waar die kaalvoet seun “Sedokwa”, ‘n dialek van Noord-Sotho, vlot leer praat het. Die jong Andries het sy laerskoolopleiding op Wakkerstroom ontvang en in 1934 aan die Hoërskool Smithfield gematrikuleer, waar hy akademies gepresteer het. Andries het in die pastorie by sy oom aan moederskant, ds. Albert en Margie van Schalkwyk, gewoon. Hierdie pastoriepaar se invloed in die vormings jare van Andries moet nie onderskat word nie. Ds. Albert van Schalkwyk was ‘n deeglike en ywerige predikant, ‘n kenner van die kerkreg en Bybel – dit het blywende indrukke op die jong seun se gemoed gelaat.

Die Kersvakansie na matriek het Andries by sy broer, ds. Bernard Odendaal, destyds sendeling op Theunissen, deurgebring. Hier- die besoek het gelei tot sy besluit om die Here voltyds te dien en sendeling te word. Andries het aan die Sending-instituut op Wellington gaan studeer. Op 21-jarige leef- tyd (in 1938) het hy die vierjarige kursusin teologie voltooi, en daarmee saam ook die BA-graad aan Unisa. Hy het sy hele lewe lank ‘n ywerige student gebly en sy doktorale eksamens aan die Vrije Universiteit te Amsterdam geslaag. Daarna het die MTh- en DTh-graad gevolg, laasgenoemde in 1970 onder leiding van prof WJ van der Merwe op Stellenbosch.

Op 29 November 1939 is Andries georden as eerste sendeling van die gemeente Randfontein, ‘n gebied wat strek van Randgate tot Kocksoord. In 1942 is nuwe uitdagings aan hom gestel toe hy sendeling van die “Compounds” in die Sentraal-Witwatersrand geword het. Hy was die opvolger van eerw. PHA Fouche, die vader van die kampongsending. In 1945 het hy ‘n beroep aanvaar na die nie-militêre NG Sendinggemeente Voortrekkerhoogte. In die winter van 1947 is hy as dosent aan die Stofberggedenkskool naby Oranjeville aangestel. Dit was die begin van ‘n geseënde 32 jaar as dosent aan die Stofberg-Teologiese Skool. Andries was van 1947 tot 1958 by die teologiese skool op Oranjeville betrokke, waarna hy tot 1979 dosent en rektor aan die nuwe tak van die inrigting te Witsieshoek in Qwaqwa was. Prof Andries Odendaal het hierdie belangrike humorsin, sy hartlike genieting van die komiese, sy helder geheue, sy egte kindskap van die Here, sy onvoorwaardelike aanvaarding van elke mens, het mense oor alle soorte grense saamgebind. In hom het hulle iemand gemeenskapliks gehad. AA was egter nie net ‘n besondere skakel nie. Hy was ook ‘n uitstaande kenner van Suid- Sotho en van ‘n belangrike stuk van die kerk se geskiedenis. Tereg is tydens die begrafnisdiens gesê dat met sy heengaan ‘n biblioteek afgebrand het.” – Dr Gerdrie van der Merwe.