Oberholzer, Jan Andries Stefanus

 

gebore

10 Jul. 1899

OORLEDE

4 Mei 1959

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1930

ORDEN

1931

standplase

Nieuwe Rust

1936 Emeritus

1939 Argivaris, Kaapse Kerk

EMERITEER

Dr. Jan Andries Stefanus Oberholster is op 10 Julie 1899 in die distrik Strydenburg gebore. In 1930 is hy gelegitimeer, en die volgende jaar as leraar van die gemeente Nuwerusbevestig, waar hy na ʼn geseënde dienstyd van vyf jaar weens swak gesondheid sy emeritaat moes aanvaar. In 1939 is hy tot argivaris van die Kaapse Sinode benoem, en het in daardie hoedanigheid rustig voortgewerk tot aan sy onverwagte dood op 4 Mei 1959. Twintig jaar lank het hy met toewyding en eer sy werk aan die Kaapse kerkargief verrig. Sy beskeidenheid, veral waar dit sy eie werk geld, sy minsame omgang met sy medemense, net soos ook sy hulpvaardigheid, het vir hom ‘n ruim plek verower in die harte van almal met wie hy in aanraking gekom het. Dr. Oberholster was jare lank (tot 1948) hoofkompilator van die Jaarboek en het veel gedoen vir hierdie amptelike publikasie van ons kerk.