‘n Nuwe probleem ontstaan by Magwero: die mense begin wegtrek, want in die bergwêreld is daar nie genoeg grond vir lande nie en die grond raak ook gouer uitgeput. Onder hierdie omstandighede regverdig die stasie nie meer die teenwoordigheid van ‘n geordende sendeling nie. Eerw. en mev. P. J. Smit word gevolglik in 1908 versoek om ‘n nuwe sending stasie tussen Madzimoyo en Nyanje te begin. Mnr. Frikkie van Eeden sou vanaf Derika toesig oor Magwero hou, terwyl meeste lidmate in die wyke deur die
sendeling van Fort Jameson bearbei word. Die nuwe stasie word 48 km. van Madzimoyo af langs die Nsadzurivier begin en kry vandaar die naam Nsadzu. Saam met eerw. en mev. Smit gaan vier buiteposonderwysers en ‘n evangelis met die naam Lukas Cingondo. Hy is een van die twee evangeliste van Mvera in Malawi wat in 1898 gestuur word om ondersoek in te stel na die moontlikheid om onder die volk van Mpezeni met sendingwerk te begin. Ware pioniers is hy en eerw. Smit. By hul koms na Nsadzu is die heidendom onder die Achewa daar nog baie sterk. Lukasi word as rondreisende evangelis in die distrik gebruik.
Van sy werk by Nsadzu vertel dr. W. H. Murray van Malawi die volgende: “Terwyl Lukasi Cingondo die dorpies deurreis, vind hy mense wat glad nie na hom wil luister nie. Toe hy honger word en kos vra, weier hulle. Lukasi sê net: ‘Dankie’. Hy vra slaapplek, maar hulle sê: ‘Gaan slaap maar in die varkhok.’ Hy doen dit. Die volgende oggend neem hy afskeid van hulle en bedank hulle. Toe hy weer die dorpie na ‘n tyd besoek, laat hulle hom toe en kom daar twee persone na vore wat versoek om Christene te word. Want toe die mense hierdie dinge sien, vra hulle vir mekaar: ‘Watter soort mens is hierdie? Ons weier alles wat hy vra, maar hy word nie kwaad nie en sê net: Dankie’! Hulle harte verander en ‘n
buitepos word daar geopen.” Dis nie net die blanke sendeling wat met opoffering die fondamente van die kerk van Christus in ‘n nie-Christelike land lê nie. Ook die inheemse gelowige deel in die ontberinge daaraan verbonde.
In ‘n natuurskone gebied, bo-op ‘n kop, word die nuwe stasie, Nsadzu, aangelê. Met die loop van die tyd kom daar sterk teenkanting van die Rooms-Katolieke, wat hul sendingstasie digby Nsadzu kom stig. Eerw. Smit brei die buiteposstelsel so uit dat daar later 106 buiteposte is. Hy en mev. Smit werk daar met vrug tot in 1916 (Bron: Cronje, J.M. 1981. p. 160-161).
Uit Die Basuin van September 1930 die volgende deur Eerw. J. Pieters, Sendeling
N. G. Kerk, Noord-Rhodesie).:
Nsadzu is die vyfde stasie gestig alhier in Noord-Rbodesie. Reeds in 1908 is die behoefte al gevoel om ‘n stasie tussen Nyanji stasie in die weste en Madzimoyo stasie, N.-Oos te stig – weens die uitgestrektheid van die oppervlakte tussen die twee genoemde stasies en die groot bevolking in hierdie deel. Hierdie stasie is tussen die Achewa volk wat na die Angoni Oorloe weer terug gekom het uit die Portugese gebied waarheen hul gevlug het weens die oorlog en hierdie deel kom bewoon het. Die groot opperboof van die Achewa volk woon nog hier naby op die Portugese grens en kom miskien nog later oor na N.-Rhodesie. Die stasie le op ‘n kop en bied ‘n pragtige uitsig oor die bosryke vlaktes, met die Nsadzu rivier aan die voet van die rand. ‘n Sierlike kerkgebou op die hoogste punt van die koppie, die pastorie en skool met ander buite geboue laer af word onder die geboue van die stasie getel. Verskillende sendelinge het hier gearbei. Eerw. P. Smit tot 1916, was die stigter van die stasie, hy is nou nog werksaam op Broken Hill, Noord-Rhodesie. Na hom het Eerw. Frylinck en later Eerw. F. Botha vir ‘n kort tydjie hier gewerk; laasgenoemde moes om gesondheidsredene die land verlaat, en het in Maart laaste afgesterwe in Suid-Afrika. In 1917 het Eerw. M. D. Groenewald hier gewerk tot 1919 en later van 1925-28; hy moes om gesondheidsredene die land uitgaan en werk nou onder die Baralongs op Thaba ‘Nchu.
Eerw. D. Nel het hier gewerk van 1919 tot 1922 en moes om gesondheidsredene van sy
vrou ‘n verandering maak, daarna het Eerw. Veltman, Eerw. Van Schalkwyk opgevolg.
Van begin 192S het Ds. Laurie hier gearbei tot ons gekom het aan die end van laaste Jaar.
Verskillende onderwyseresse het ook hier gearbei aan die opvoeding saam met die Sendelinge: Mejj. Marais (Mevr. Van Eeden), Du Plessis (Mevr. Krige), Botha, Claasens,
Nel (Mevr. Groenewald), Le Roux, Cloete, ens. Almal het hier spore nagelaat, sigbare
en onsigbare, almal het gestaan vir die redding van die heiden. Party kon hul meer, antler minder verheug oor die vrug op die werk; almal sal uiteindelik smaak die volle
vreugde van wat hul in Sy naam kon doen wanneer die mens sal maai wat hy gesaai
het.
Gemeentelik: Die gemeente is groot en tel meer dan 1,600 lidmate op die register met
‘n kleiner getal doopklas lede, 2 evangeliste, ± 50 onderwysers met meer dan 90 geregistreerde buiteposte. Weens die verskuiwing van die volk na die reserwes het ‘n groot getal gemeentelede oorgetrek na Fort Jameson gemeente en ‘n ander klomp na Nyanji gemeente. Dit is ‘n gesonde politiek van die regering om bytyds voorsiening te maak vir die verblyfplek van die volk – iets wat ons as ‘n sending toejuig, solang die afgesonderde streke uitsluitlik vir die naturel is en genoegsaam bewerkbare grond en weiveld bevat vir die aangroeiende massas.
Die ongerief wat die naturelle reserwes ons hier besorg is te wyte aan die feit dat byna
al ons stasies buite die reserwes val, en dus sonder volk is vir myle random. Dit effekteer
direk die opkomste na die dienste op die stasie, die bywoning van die skool, ens. Die groei van die gemeente deur die jare openbaar ‘n lig en donker sy : (A) Donker sy wat betref: (1) haar stryd teen die heidendom, wat verlammend inwerk op die Kristendom soos uit baie feite blyk. Laaste jaar het ‘n moord plaasgevind in die dorp van een van die distrik se hoofmanne waarin 7 onderwysers betrokke was en om die rede hul werk moes verlaat. Vir ‘n oomblik het die barbarisme geseevier en ‘n skrikwekkende heidense drama afgespeel, wat die Kristendom in sy omgewing geskok het. Die buitepos werk in daardie deel is dood en dit sal ‘n tyd neem voordat alles weer reg sal wees, en die werk weer sy loop sal he. So is daar tallose gevalle waar die heidendom afbreek wat opgebou is.
(2) Bier drink : Hierdie euwel tel sy slagoffers by die honderd talle; drink in die geheim
is soos ‘n knaende wurm aan die lewe van elke gemeente in ons sending. By ons laaste raadvergadering het ons die vraag bespreek: “Hoe verklaar ons die periodieke
terugvalle in ons gemeentes ?” en dit het geblyk dat bier drink een van die euwels is wat
oorsaak gee tot terugval.
(3) Bygeloof: Byna al die bewegings van die heiden en sy gebruike is deurvleg met
bygeloof waarvan die Kristen nog nie heeltemal los is nie en in sommige gevalle hom
beswaarlik kan los maak. Die meeste Kristene het nog ‘n heidense famielie agter hul
wat pressie uitoefen in spesifieke gevalle. Baie is hieroor te se;, maar ons volstaan met
hierdie paar sinne vireers.
(4) Opbreek van die huisgesin, deur die gaan van die man na S.-Rhodesie en elders om werk te soek. So is daar baie andere dinge wat ‘n skadu werp op die groei van hierdie gemeente, en haar vooruitgaan steeds strem.
(B) Die Ligsy: (1) Daar is baie tekens van bemoediging wat alles oorskadu. Die groot getal
onderwysers Kristene, klaslede, ens., is ‘n waarborg vir haar groei en vooruitgang. Die
feit dat vir ‘n bietjie meer as 20 jaar gelede almal nog heidene was, word baie maal uit die
oog verloor; dog is en bly ‘n bron van inspirasie vir elke werker(ster) in die wyngaard van
die Heer in hierdie deel. Elkeen kan getuig en se: ,,Die Heer het wondere gedoen, en ons gegee ver bo ons verwagtinge.” So word langsamerhand bewaarbeid die woorde in Ps. 2:8: ,,Ik zal de heidenen geven tot uw erfdeel en de einde der aarde tot uwe bezitting.”
(2) Die bydrae van hierdie gemeente was vir ‘n paar agtereenvolgende jare besonder goed – die hoogste op die lys van ons gemeentes – wat altoos ‘n bemoedigende teken is.
(3) Die getal geregistreerde skole is enorm in vergelyking met die getal onderwysers, sodat nie al die buiteposte tegelyk kan bewerk word nie. Die gehalte van werk oor die algemeen is bevredigend en sal steeds verbeter met die veranderde leerplan wat nou ingevoer is op ons buiteposte. Die gereelde opkomste na die dienste op die stasie en buiteposte, die goeie invloed van Kristene op hul dorpies. ens., is soveel tekens van bemoediging wat getuig van die gesonde krag van die Kristendom. “‘
Mediese werk: Die mediese werk brei nog steeds uit. Ernstige gevalle kom soms van dorpies om behandel te word deur Suster Erasmus wat haar hande vol het met die behandeling van gewone pasiente en ook nog die werk onder die melaatse behartig. Party kom vir die eerste maal direk in aanraking met die sending en gereelde godsdiens oefening.
‘n Ander deel van die mediese werk hier is die werk onder die melaatse. Die melaatse
hospitaal is ± 3/4 myl van die stasie; ‘n nette geboutjie opgetrek deur ons boumeester
Mnr. W. Dippenaar, uit fondse deur die ,,British Leper Association” gegee vir die doel. Laaste April is die gebou ingewy met ‘n groot getal pasiente. Onder die aanwesiges was Di. Pauw en Laurie, Dr. Prentice (vroeer van Livingstone Sending), Dr. Knobel en ‘n aantal Engelse vriende, die magistraat was op weg, dog moes weer terugkeer tewyte aan die pad. Die regering het ‘n stuk grond, 1,000 akkers afgestaan vir ‘n melaatse kolonie onder superwisie van die sending. Hierdie begin is ‘n voorsiening in ‘n lang gevoelde behoefte. Noordoos-Rhodesie het in vergelyking met ander lande proporsioneel baie melaatse (as dit nie meer het as enig ander land nie) en reeds vir jare is die behoefte gevoel om werk te begin onder die leprose ivers in hierdie deel. In verskillende Raadsvergaderinge is besluite geneem hieromtrent, maar nooit was daar uitvoering aan ge gee nie en wel om verskillende redes. Die werk vind sy betekenis terug in die naam van die hospitaal en kamp, nl. ,,Bandakucha”, wat dagbreek beteken. Hierdie onderneming is die begin van ‘n nuwe dag in die geskiedenis van hierdie sending wat sy planne verwesenlik sien op hierdie stadium. In die geskiedenis van Leprose lyers het ‘n nuwe dag aangebreek wat terug laat dink aan die nag van lyding en ellende sonder hulp, deels uit gebrek aan hulpmiddels, deels uit bygeloof in die nag van heidendom. Wie kan die taferele skilder van nameloos lyding en ellende op die eensame dorpies waar duisende met verskriklike lyding te kampe gehad het deur die jare wat verby is (waarvan ons niks weet en nooit iets sal weet nie) totdat die dood ‘n ent gemaak het aan die smarte. Daarom is ons so dankbaar om mediese hulp te kan aanbied, daarom is baie so gretig om te kom vir hulp; en so word menig smart gelenig. ‘n Nuwe dag wat betref die vooruitsig op herstel. Die fatalistiese kompleks word verskuiwe na ‘n optimisme van selfbehoud in die lewe van die leproos. ‘n Nuwe dag wat betref die godsdienstige aspek. Die bywoning van gereelde godsdiens oefening elke more en Bybel onderrig in die dagskool in die kamp, bring hom tot self ondersoek en nadenking en word ‘n bate vir die Kristendom.
Aangesien die hospitaal ‘n drie kwart myl van die stasie is en Suster Erasmus elke dag
daarheen moet gaan tevoet omdat dit opdraend is sal dit goed wees as sy daar ‘n ronddawel as ‘n rusvertrek kan he waar sy ‘n bietjie kan uitrus na haar vermoeide werk voordat sy terug loop. So ‘n vertrekkie sal vir haar van veel betekenis wees veral in die
warm seisoen van die jaar. Miskien voel iemand wat hierdie stukkie lees genee om iets by te dra en dit aan die Sending Sekretaris te stuur vir hierdie doel. Die werk hier groei langsaam maar seker. Onder teenstand van die Roomse Kerk, heidendom en ander tallose dinge wat afbreek, word steeds bewaarheid wat ons so dikwels sing: ,,Zoo, zoo zien wij het Godsrijk komen, ‘t komt steeds nader elke dag”, en wanneer eenmaal die balansstaat van die volkere van hierdie wereld sal opgemaak word, sal duisend talle van uit die heidendom ook meegereken word by die getal wat sal hulde bring aan Hom di Sy lewe gegee het tot redding van die wereld. Hier is so een en ander van Nsadzu. Ek hoop om by ‘n volgende geleentheid iets meer volledigs mee te deel.