NG Gemeente Weza-Port Shepstone

gestig

23 Februarie 1924

afgestig van

NG Gemeente Pietermaritzburg

ring

Ring van Port Shepstone

Adres

Kerkstraat, Port Shepstone

eerste predikant

Ds

Die NG Gemeente Port Shepstone is ‘n gemeente in KwaZulu-Natal Sinode.

Die gemeente kom in 1924 tot stand toe dit van Pietermaritzburg gemeente afgestig is as Weza-Port Shepstone. ‘n Groot bosboustasie en nedersetting is op Weza gebou as werkskepping en het baie Afrikaanssprekendes gelok – van daar die naam.

Tot in 1938 het eerw Esterhuizen, destyds spoorwegsendeling, die gemeente bedien. Eredienste is in die vroeë jare by huise of onder bome gehou, totdat die Spoorweë ‘n saaltjie beskikbaar gestel het. Die eerste kerkgebou is in 1953 voltooi, maar het te klein geword.

Die huidige kerkkompleks is in 1983 in gebruik geneem. Twee dogterkerke het uit die gemeente gegroei, nl Margate 1974 en Scottburgh in 1978.

Dogtergemeentes

  • 1974: Margate
  • 1978: Scottburgh