NG Gemeente Warmbad Namibie

gestig

23 Junie 1928

afgestig van

NG Gemeente Keetmanshoop

ring

suidelike ring

adres

Warmbad

sluit in

Karasburg

eerste predikant

Ds A.J. Stals

Die NG Gemeente Warmbad is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.

Ná die Anglo-Boereoorlog het sommige Afrikaners uit die verowerde Boererepublieke verkies om liewer na Duits-Suidwes-Afrika (later Suidwes-Afrika of Namibië) te trek as om in Suid-Afrika onder Britse bewind te bly woon. Namate ál meer Afrikaanssprekendes hulle in die gebied kom vestig het, het die behoefte aan Afrikaanse kerke op verskillende plekke ook ál groter geraak. Die eerste baanbrekerspredikant van die NG Kerk, eerw. Leonard, het toe nog die hele Duits-Suidwes as sy arbeidsveld gehad, terwyl hy meesal van os- of donkiekar gebruik moes maak om huisbesoek te doen.

Destyds het Suidwes onder die Ring van Upington gesorteer en was die gebied was as die gemeente Gibeon bekend, wat die moeder van al die gemeentes in die hedendaagse Namibië sou wees. Op 23 Junie 1928 is die wyk Warmbad van die gemeente Keetmanshoop, van Gibeon afgestig in 1924, afgestig. Reeds op 12 Oktober 1929 kan die jong gemeente sy eerste leraar in die persoon van ds. A.J. Stals bevestig. Hy dien die gemeente tydens die droogte en armoede van die Groot Depressie tot in April 1935. Op 22 Junie 1935 word prop. J.H. Steenkamp as volgende leraar van die gemeente bevestig. Gedurende sy bediening, naamlik op 14 Mei 1939, word daar op die spoorwegstasie Kalkfontein (later Karasburg), die hoeksteen gelê van die kerksaal wat as hoofkerkgebou van die gemeente sou dien tot die afstigting van die NG gemeente Karasburg in 1952.

Predikante