
gestig
1950
afgestig van
NG Gemeente Grootfontein
waarby ingelyf is
NG Gemeente Tsumeb-Suid en
NG Gemeente Verre Noorde
ring
Noordelike Ring
adres
Vierdelaan 492, Tsumeb
eerste predikant
Ds. P. J. Fourie
Die NG Gemeente Tsumeb is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.
Die NG Gemeente Tsumeb word in 1950 gestig. Vroeër was die lidmate deel van die NG Moria gemeente wat die noordelike deel van die land beslaan het vanaf Omaruru tot Grootfontein. Ds. P. J. Fourie van Grootfontein gemeente word die eerste leraar van die nuut gestigte gemeente. Die hoeksteen van die NG Kerk Tsumeb se kerksaal word op Saterdag 28 Julie 1951 deur M. D. Banghart van T.C.L. gelê. Hy was ‘n Amerikaner wat in 1940 na Suider Afrika gekom het in die diens van Okiep Copper Company en ook T.C.L. se bestuurder geword het.
Predikante
- Pieter Johannes Fourie, 1951 -1956
- Thomas Johannes de Koning. 2010 – hede