gestig
6 September 1987
RING
Ring van Sesmylspruit
ADRES
Sachariastraat 42, The Reeds
EERSTE PREDIKANT
Ds
Die NG Gemeente The Reeds is ‘n gemeente in Noordelike Sinode.
The Reeds gemeente het op 6 September 1987 van NG Gemeente Rooihuiskraal afgestig. Die eerste eredienste is gehou in Hennopspark Laerskool se skoolsaal. Dr. Hendry Eagelton (1987-1990) was die eerste leraar. Ander leraars wat in The Reeds diens gedoen het was Ds. Philip Venter (1989-1994), Prof Gert Prinsloo (1993 – 2004 en 2018 – ) as tentmakerleraar en Ds André Louwrens (1994-2009). Ons is deel van die ring van Sesmylspruit. Die gemeente beskik oor ’n pragtige gemeentesentrum wat in 1995 ingewy is en wat deur drie kruise op ’n klein koppie maklik geidentifiseer kan word op die hoek van Sacharia- en Bothrillstraat.