
gestig
17 Desember 1958
afgestig van
NG Gemeente Montclair
ring
Ring van Durban-Suid
adres
Froststraat 3, Amanzimtoti
eerste predikant
Ds DJJ Oosthuizen
Die NG Gemeente Suidkus is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.
Die gemeente is op 4 Julie 1958 afgestig van Montclair. Weens onsekerheid oor ‘n moontlike prosedurefout is die afstigting op 17 Desember 1958 deur die Ringskommissie bevestig. Ds. DJJ Oosthuizen was die eerste leraar. Met verloop van tyd was die twee kerksale nie meer voldoende vir die groeiende gemeente nie, en die nuwe kerkkompleks is op 12 Mei 1974 in gebruik geneem.