NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal

Die oorspronklike gebou wat deur Stellenbosch-Sentraal gebruik is.

gestig

1953

RING

Ring van Stellenbosch

ADRES

Hoek van Martinsonstraat en Unielaan, Stellenbosch

EERSTE PREDIKANT

Die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal is ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.

Ondanks die afstigting van Stellenbosch-Wes en Stellenbosch-Noord het studentebediening in die Stellenbosch-moedergemeente ’n knellende probleem gebly. Met ds. W.S. Conradie se aftrede in 1953 het dr. AP Treurnicht sy plek gevul, maar die studentebearbeiding was ’n geweldige las. Die kerkraad wou nie graag die studente afstaan nie, maar ná vele stampe en stote was dit al uitweg en so kom die gemeente Stellenbosch-Sentraal in 1959 tot stand met 3 338 lidmate, grotendeels studente, en twee leraars.

Op 10 November 1985 stig Stellenbosch-Studentekerk af van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Die Sentraal-gemeente het in 2003 ‘n nuwe perseel in Uniepark, Stellenbosch, betrek terwyl die Stellenbosch-Studentekerk voortgegaan het op die oorspronklike perseel op die hoek van Ryneveld- en Victoriastraat.