gestig
1954
eerste predikant
Ds PE de Kock
Die NG Gemeente Shabani was ‘n gemeente in die Sinode van Midde-Afrika.
Shabani is een van die jongste gemeentes en ook die mees suidelikste gemeente van die NG Kerk in Rhodesië. Dit is gevorm uit verskillende gedeeltes van die gemeentes Fort Victoria, Gwelo en Bulawayo. Die dele West Nicholson, Gwanda, Colleen Bawn en Milabusi is afgestig van die gemeente Bulawayo, terwyl Greystones afgestig is van Gwelo en Shabani en Nuanetsi van Fort Victoria in 1954. Die gemeente het dus gestrek van ‘n gebied, min of meer sestig myl van Bulawayo tot by Beitbrug.
Die eerste beroepsvergadering is op 18 Julie 1954 gehou in die Mynkerksaal. Prop. P.E. de Kock, wat op daardie stadium in die NG Gemeente Bulawayo behulpsaam was, is as die eerste leraar beroep – wat hy dan ook aanvaar het.
As bruidskat is £5 per maand vir ‘n jaar lank deur Greystones geskenk, asook die kerkgeboutjie te Greystones, met sy ameublement. Bulawayo-gemeente het £15 per maand vir vyf maande lank geskenk.
Aanvanklik is ‘n pastorie gehuur vir ds de Kock en is dienste gehou in die Kerkie wat deur die Myn beskikbaar gestel is vir al die verskillende Kerke.
Hierdie toedrag van sake het dikwels botsings veroorsaak wat Kerkraadsvergaderings en dienste van ander Kerke aanbetref en gevolglik het die Kerkraad besluit om ‘n eie kerksaal op te rig. Die hoeksteen van die NG Kerksaal is op 18 Augustus 1956 deur ds P.E. de Kock gelê en op 13 April 1957 is die kerksaal ingewy.
Die gemeente het op daardie tydstip gestrek vanaf die Limpopo tot by die Lundi en van Mosambiek tot by Shangani. Dit het aan drie verskillende landsgrense gegrens, nl. Mosambiek, Suid-Afrika en Betsjoeanaland – een van die mees uitgestrekste gemeentes in Suider-Afrika en op daardie tydstip byna so groot soos die Vrystaat.
Predikante
- P E de Kock, 1954 – 1957
- Vakant, 1957 – 1959
- R C Herhold, 1959 – 1961
- H J C Pieterse, 1962 – 1964
- J T du Preez, 1965 – 1968
- W Viljoen, 1968 –