NG Gemeente Rundu

NG Gemeente Rundu

gestig

1976

afgestig van

NG Gemeente Grootfontein

Ring

Noordelike Ring

adres

Maria Mwengerestraat, Tutungeni, Rundu

eerste predikant

Die NG Gemeente Rundu is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.

In 1961 was slegs ’n paar NG gesinne woonagtig in Rundu en hulle is een maal ’n jaar besoek deur die leraar van die NG gemeente Grootfontein. Die aantal NG lidmate het geleidelik toegeneem, later ’n wyk van Grootfontein geword en in 1976 het dit afgestig daarvandaan. Die eerste erediens van Rundu NG Gemeente is op 31 Oktober 1976 in die skoolsaal van Noordgrens Sekondêre Skool gehou wat gebruik is vir eredienste totdat ‘n kerkgebou in Oktober 1983 voltooi en in gebruik geneem is.

Na die onttrekking van die SA Weermag in die laat 1980’s en Namibië se onafhanklikheidwording in 1990, het die aantal NG lidmate asook die aantal Afrikaans sprekendes in Rundu afgeneem. Sedert Maart 2004 het die gemeente nie ‘n voltydse leraar as gevolg van ‘n gebrek aan fondse.

In Mei 2007 is daar besluit om Afrikaanssprekendes van ander denominasies op ’n meer formele basis te betrek by die aktiwiteite van die NG gemeente. Die gemeente staan nou bekend as Rundu Christen Gemeente en die gemeente sowel as die kerkraad bestaan uit ’n mengsel van lidmate van die NG Kerk, AP Kerk, AGS en ander Afrikaanse denominasies.