NG Gemeente Pionierspark

gestig

22 Mei 1970

afgestig van

NG Germeente Windhoek-Wes

ring

oostelike ring

adres

H/v Redecker- en Von Falkenhausenstraat, Windhoek

eerste predikant

Die NG Gemeente Pionierspark is ‘n gemeente in die Sinode van Namibië.

Nadat die NG Gemeente Windhoek-Wes vinnig uitgebrei het met ontwikkelings in die Pionierspark-woonbuurt het  die kerkraad op 9 Desember 1969 goedgekeur dat Pionierspark mag afstig. Op 22 Mei 1970 stig Pionierspark af met 600 lidmate.

Vir die eerste ses jaar van haar bestaan is daar eers afsonderlike eredienste in Windhoek-Wes se saal gehou. Vanaf Februarie 1971 word dienste gehou in die Safari-motel se saal en in September 1971 skuif die gemeente se kerkplek na die Aula van die Duitse Privaatskool. Vanaf Desember 1972 maak hulle gebruik van die skoolsaal van Pionierspark Laerskool. Hulle bly hier tot met die inwyding van hulle eie kerkgebou in Februarie 1976, nadat die kerkraad in Februarie 1972 die planne vir hulle kerkgebou goedgekeur het.

Predikante

  • Jan Theron, 2016 – hede
  • Clemens Marais, 1995 – hede
  • Frederick Jacobus van Eeden van Zyl, 2007 – hede