NG Gemeente Pietersburg-Noord

NG Gemeente Pietersburg-Noord

gestig

18 November 1950

ring

Ring van Pietersburg

adres

H.v. Dorp- en Dr. Anneckestraat, Pietersburg

eerste predikant

Ds. J.A.B. Grobbelaar

Die NG Gemeente Pietersburg-Noord is ‘n gemeente in Noordelike Sinode.

Pietersburg-Noord het op 18 November 1950 van die moedergemeente Pietersburg afgestig. Op 10 Februarie 1951 is ds. J.A.B. Grobbelaar as die eerste leraar van die gemeente georden. Aan die handeoplegging het deelgeneem di. A. W. Eckhard (konsulent) en J.F. Wohlitz (albei van Pietersburg), D.F. Marais van Laeveld, S.A. Grobler van Dendron, J.M. Louw van die Burger-sendingstasie, eerw. C.L. Brink van Bethesda en prof. dr. E.P. Groenewald, wat na aanleiding van Eseg. 33:7 die ordeningsrede uitgespreek het.

Aanvanklik het die gemeente in ‘n saal aanbid terwyl hulle geld ingesamel het om hul eie kerkgebou op te rig.