NG Gemeente Paulpietersburg

NG Gemeente Paulpietersburg

gestig

27 Mei 1911

afgestig van

NG Gemeente Utrecht

ring

Ring van Vryheid

Adres

Middelstraat 24, Paulpietersburg

eerste predikant

Ds JH Malan

Die NG Gemeente Paulpietersburg is ‘n gemeente in die KwaZulu-Natal Sinode.

Toe die dorp Paulpietersburg in 1888 gestig is, het die gemeente reeds bestaan as wyk 3 van Utrecht gemeente. Op 15 April 1895 word die kerkgebou se hoeksteen gelê en op 28 Maart 1896 as “hulpkerk” van Utrecht in gebruik geneem.

Tydens die oorlog 1900 tot 1903 word die gebou deur die Britse soldate as pakhuis en hospitaal gebruik. Daarna moes baie herstelwerk gedoen word, maar die lidmate het vasgebyt en in 1911 ‘n selfstandige gemeente geword, met ds. JH Malan as eerste leraar.

Predikante

  • Hendrik Johannes de Vos, 1915 – 1924
  • Josua Joubert de Villiers, 1927 – 1937
  • Adriaan Johan Victor Burger, 1928 – 1938
  • Schalk Willem Burger, 1939 – 1941