gestig
16 November 1917
afgestig van
NG Gemeente Durbanville
ring
Ring van Kaapstad
adres
–
sluit in
Fairfield, Glen Lily, Parow, Elsiesrivier, Vasco, Richmond Estates, Goodwood en Townshend
eerste predikant
Ds SP Fouche
Die NG Gemeente Parow-Goodwood het in 1917 afgestig van die NG Gemeente Durbanville en was ‘n gemeente in die Sinode van Wes-Kaapland.
Die Herberg van Tygervallei
Die geskiedenis van hierdie streek kan teruggevoer word tot 26.4.1706, toe die plaas Tygervallei toegeken is aan Hans Heinrich Hattingh, die stamvader van hierdie familie in ons land. Sy opstal wat net noord van die huidige Parowstasie gelee was – was ‘n bekende uitspanplek vir reisigers tussen Kaapstad en Stellenbosch. Daar het Hattingh ‘n herberg vit reisigers gehad. Dit was eers op 27.7.1886 dat die plaas Tygervallei, saam met vier ander in die Tygervallei, die eiendom van Johan Heinrich Parow gewordhet.
Aanlê van die dorp
Alhoewel die trein reeds sedert Februarie 1862 vanaf Kaapstad deur die Tygervallei (die latere Parow en omstreke) na “Durban Road” (die latere Bellvillestasie) gestoom het, en toe verder aan tot by die destydse eindpunt Eersterivier, en in latere jare verder noordwaarts gegaan het, was dit eers in 1903 dat Parow sy spoorweghalte gekry het. Eers gedurende die Eerste Wereldoorlog (1914-1918) is ‘n behoorlike spoorwegstasie hier aangele. Die dorp self het sy beslag al in 1901 gekry met die stigting van die Parow-Landgoed Sindikaat deur die here Parow, Wrench en Weitnar, waardeur met die uitle van die dorp ‘n aanvang gemaak is. Dit was eintlik eersgenoemde vennoot, J.H.F.Parow, ‘n·eertydse Duitse skeepskaptein – die man wat soos reeds hierbo gemeld in 1886 hier ‘n paar plase en ander eiendomme aangekoop het – wat as die eintlike “vader” van die dorp, wat later (1925) ook sy naam sou kry, beskou moet word.
Aanvanklik het die “dorp” eintlik uit drie dorpsgebiede bestaan; Fairfield (die oostelike deel), Glen Lily (die sentrale gedeelte) en Parow (die gedeelte suid van die huidige Voortrekkerweg). Danksy die vinnige toestroming van spoorwegmense, veral uit Woodstock, Soutrivier en Observatory, kry die dorpsgebied Parow-Fairfield-Glen Lily op 15.12.1903 sy eie dorpsbestuur. Maar dit was eers baie jare daama, in 1925, dat die dorpsnaam na Parow verander is.
Vroegste geestelike bearbeiding
Van meet af aan het die Tygervallei (die latere Parow en Bellville) onder die “Tygerbergsche” (D’Urban) Gemeente geressorteer. Maar die lidmate van ons kerk aldaar was voor 1900 nog te min en te yl versprei om spesiale voorsiening in hul kerklike behoeftes te regverdig. Die vroegste geestelike bearbeiding het egter nie van Durbanville uitgegaan nie, maar van die Gemeene De Nienwe Kerk, Kaapstad, en wel omdat die heer P.T. Hoogendoorn, wat ‘n lidmaat van laasgenoemde Gemeente was, en horn teen 1900 in Parow gevestig het, omstreeks daardie tyd begin het met dienste in sy eie huis op Parow. Toe sy huis hiervoor te klein word, het Hoogendoorn op eie koste ‘n sinksaaltjie vir die doel opgerig. Hy bet soms van die stadspredikante gevra om’n diens hier waar te neem. So het die predikant van De Nieuwe Kerk op 6.3.1904 die eerste nagmaal daar uitgedeel, en by dieselfde geleentheid die eerste lidmatebevestig.
Teen daardie tyd, 1904, het die Ring van Kaapstad met waardering kennis geneem van die geseende werk van die heer Hoogendoorn in Parow. Toe hierdie mededeling in die ringsvergadering gedoen is, was ds. D.Bosman – wat kort tevore op Durbanville bevestig is – ook teenwoordig, en het hy toe blykbaar vir die eerste maal “ontdek” dat die “Tygervallei”eintlik onder Durbnville ressorteer.
Durbanville begin met buitedienste
Gevolglik het ds. Bosman – wat blykbaar nie gehou het van dienste deur ‘n ongeordende persoon, soos Hoogendoorn nie – reeds in Januarie 1905, met die toestemming van sy Kerkraad, begin met maandelikse dienste op Parow, wat deur homself gehou is en wel op die eerste Sondagaand van elke maand.
Ten einde horn hiertoe in staat te stel, is gereel dat telkens ‘n kweekskoolstudent van Stellenbosch sou kom om op daardie betrokke Sondag die namiddag- en aanddiens onderskeidelik op Bellville en Durbanville waar te neem. Die jaar daania, 1906, word br. J.A. Duminy tot “additionelen” ouderling vir Parowgekies.
‘n Kerkgeboutjie verrys
Voormelde br. Duminy, toe nog diaken van die Bellville-wyk, het vroeg in 1905 ‘n perseel in Fairfield aangebied vir die bou van ‘n kerk Die lidmate van Parow het gevolglik die Kerkraad in Mei van daardie jaar gevra om hulle geldelik by te staan met die bou van hierdie wykskerkie. Die Kerkraad sou hiertoe alleen bereid wees as Parow en Bellville saamwerk vir die oprigting van ‘n bedehuis “midden tusschen Bellville en Parow”.
Agtema bet geblyk dat bogenoemde perseel in Fairfield, veral met die oog op die uitbreiding in die rigting van Glen Lily en veral ook Goodwood – laasgenoemde het ook binne die grense van die Gemeente Durbanville geval – nie sentraal genoeg gelee was nie. Met die toestemming van br.Duminy is hierdie perseel toe verkoop en ‘n ander en beter gelee een in Glen Lily as kerkperseel aangekoop. Toe die Parowiete in Oktober van daardie jaar, 1905, die Kerkraad andermaal nader om geldelike steun vir die oprigting van ‘n kerk op die nuwe perseel, bet die Kerkraad weliswaar sy bogenoemde voorbehoud laat vaar, maar nou ander voorwaardes gestel. Hy sou alleen help as:
- Die perseel op die naam van die Kerkraad van Durbanville oorgedra word;
- die lidmate daar – altans ‘n “genoegzaam getal” – hul lidmaatsertifikate by Durbanville inlewer;
- ‘n behoorlike waarborg vir die betaling van die rente op die geleende kapitaal vir die bou van die kerk deur die betrokke lidmate gegee word,en
- “de Kerkraad van Durbanville te Parow in alle zaken belangende de Ned. Geref. Kerk alles te zeggen zalhebben”.
Onderhewig aan hierdie voorwaardes sou die Kerkraad bereid wees om te help met die oprigting van ‘n kerkgebou van hoogstens £500. (RI000). Maar dit was eers in Julie I906 dat die Kerkraad ‘n boukommissie aangestel het, met die opdrag om prysopgawes te vra, ‘n lening te sluit en toe te sien dat bogenoemde voorwaardes van die Kerkraad, veral die insake die oordrag van die eiendom- waartoe die Parowiete blykbaar ingestem het – nagekom word. Daarop is ‘n Iening van £500 (RI 000) aangegaan en is met die bouery begin.
Op 22.1.1907 kon die kerkgebou ingewy word.
Tydelike arbeider vir Parow-Goodwood
‘n Eie bedehuis het die drang na meer dienste (as een keer in die maand) en beter bearbeiding gaande gemaak. Die Kerkraad het gevolglik in Februarie 1907 eenparig besluit om ”een arbeider voor Glen Lily, Parow en Goodwood” aan te stel teen ‘n jaarlikse salaris van £150 (R300), mits die kerkkas van die Gemeente nie daardeur ”beswaar” sou word nie. ‘n Beroep deur ds. Bosman om finansiele steun op ringsgemeentes het nie veel opgelewer nie, maar gelukkig is ‘n jaarlikse toelaag uit die Hulpbehoewende Gemeentefonds verkry, en so kon eerw. H. R. C. Barrish – ‘n pas gelegitimeerde maar nag ongeordende sendeling – in April 1907 vir Parow-Goodwood aangestel word.”Sy versoek om georden te word, sodat hy ook die sakramente kon bedien, het die Kerkraad ewenwel nie toegestaan nie, gevolglik het hy binne ‘n jaar bedank en vertrek.
Na horn is eerw. C.M. van den Heever in diens geneem. Hy het as hulpleraar daar diens gedoen van Julie 1908 totdat hy ‘n beroep na die Kaapstadse sendinggemeente, die S.A. Gestig aanvaar en in April 1911 daar heen vertrek het. In sy geval het die Kerkraad vir die eerste maal onderneem om die tekort op die arbeider se salaris aan te vul. Eers ‘n jaar na die vertrek (April 1912) van eerw. Van den Heever kon weer ‘n arbeider in die persoon van eerw. D. B. Karemacher gevind word, nadat ook die lidmate van Parow en Goodwood geld begin bydra het vir sy salaris. Hy word teen die middel van 1914 opgevolg deur ds. J. W. Meyer (emeritus) wat Parow-Goodwood sou bearbei totdat hierdie wyk in 1917 afgestig het.
Bedehuis vir Goodwood
Hier is kort na die Anglo-Boere-ooriog ‘n dorpsgebied uitgele, wat na Goodwood in Engeland vernoem is. Soos reeds hierbo gese, het dit binne die gebied van die Gemeente Durbanville geval, maar dit was eers in Desember 1906 dat ds. Bosman van Durbanville die eerste diens hier waar geneem het, blykbaar in ‘n privaathuis. Gedurende die jare 1907-12 het die lidmate daar meer as een
maal die Kerkraad versoek om hul te help met die oprigting van ‘n bedehuis. Die Kerkraad self het nie hiervoor kans gesien nie – dit was ‘n tyd van geldskaarste en Durbanville self het dit toe geldelik opdraend gehad – maar het geen beswaar gehad dat “men privaat, buiten den kerkraad om” so ‘n geboutjie oprig nie.
Maar toe ‘n gebou, geskik vir die hou van dienste, in Augustus van 1912 in Goodwood le koop was teen £150 300, het die Kerkraad tog die verantwoordelikheid vir die vereiste koopsom aanvaar. En so het Goodwood sy eerste plek van aanbidding gekry, waar die tydelike arbeider vir die wyk Parow Goodwood die Woord kon bedien.
Kerkraadskommissie vir Parow-Goodwood
Teen 1910 het die kerklike !ewe in hierdie wyk koers begin kry en ‘n vaster vorm begin aanneem; ‘n eie koster, orreliste, gereelde sakrarnentsbediening (laasgenoemde deur ds. Bosman self), aanneming van lidmate, basaars en so meer. Die jaar daarna, 1911, het die Kerkraad van Durbanville dan ook ‘n “Kerkraads Commissie” vir Parow-Goodwood in die !ewe geroep. Bestaande uit vyf lede, gekies deur die Kerkraad uit ‘n nominasielys van die wyk, sou hulle driemaal in die jaar vergader. Hul status en bevoegdhede word so omskrywe:
Onder toesig van die Kerkraad en as verteenwoordigers daarvan behartig hulle alle kerklike sake rakende bogenoemde wyk. Hulle besluite moet ewenwel vir goed- of afkeuring voor die Kerkraad gele word. Die Kerkraad het voorts die mag om enige lid – wat wederspanning of ‘n oorlas is – te ontslaan, en die reg om die reglement te enige tyd te wysig, of heeltemal te vernietig en die komrnissie te ontbind..
Op papier lyk hierdie kerkraadskommissie na ‘n goeie en voorwaartse stap, maar eintlik was dit nie. Om mee te begin, dit moes in die oe van ds. Bosman en sy Kerkraad vergoed vir die feit dat die wyk in daardie stadium geen verteenwoordiger in die Kerkraad gehad het nie (alle lede van die kornmissie was gewone lidmate), terwyl die wyk juis sterk gevoel het dat die verteenwoordiging wat hulle tevore in die Kerkraad gehad het, herstel moes word. Tewens was bogenoemde bepalinge rakende die status van en die toesig oor die kommissielede van so ‘n outokratiese aard dat dit vorentoe moeilikheid moes gee – hulle is waarlik soos “onmondiges” behandel! Vertroue kon nie so gekweek of hartelike samewerking verkry word nie! Boonop was die houding van ds. Bosman teenoor die rnense soms te onbuigsaam en sy optrede nie altyd van outokrasie vry te spreek nie. Nou was dit so dat daar al voor die aanstelling van die kerkraadskommissie onenigheid was, en dat later ander sake bygekom het – byvoorbeeld die ”Kirstensaak”, maar die feit bly dat hierdie “Kerkraadskomrnissie” tog as een van die vernaamste twisappels in die daaropvolgende wrywing tussen die Kerkraad en hierdie wyk aangewys moet word.
Onenigheid tussen die Kerkraad en Parow-Goodwood
Reeds vanaf Mei 1911, ‘n paar maande voor die aanstelling van bovermelde kerkraadskomrnissie, het vooraanstaande persone uit die wyk begin aandring by die Kerkraad op die beskikbaarstelling van ‘n verslag van die inkornste en uitgawes van die werk in ParowGoodwood. Deur dit te weier, is die reeds bestaande ontevredenheid oor gebrek aan verteenwoordiging in die Kerkraad en die plaaslike bediening van die sakramente vererger, iets wat selfs die aanstelling van eerw. Karemacher daarna nie kon verwyder nie. ”Gemeentevergaderings” waarop dit soms “warm” toegegaan het, word van tyd tot tyd gehou. ‘n Skrywe van vier persone wat juis deur so ‘n gemeentevergadering as kommissie aangewys is om met die Kerkraad te onderhandel, word in Maart 1913 in die kerkraadsver gadering ter tafel gele. Hierin vra hulle dat sekere griewe uit die weg geruim word. Benewens ‘n jaarlikse geldelike verslag van die wyk, vra hulle dat Parow-Goodwood “gelijk voorheen een verteenwoordiger in den Kerkraad zal hebben, om al zoo de orde en de eendracht in de Gemeente te herstellen”.
Die Kerkraad wat hierin en meer bepaald in die laaste sinsnede hierbo ‘n ondermyning van die gesag van sy kerkraadskommissie gesien hei het ‘n sterk bewoorde antwoord terrugestuur, wat hierop neerkom:
- Ons het in die beste belang van Parow Goodwood bovermelde kommissie benoem;
- ten spyte van “veel tegenstand en minachting” van die kant van “een paar ontevredenen”, beantwoord die kommissie onses insiens aan sy doel;
- ons het vertroue in ons kommissie en sal dit nie gedoog dat hulle misken, verag, verbygegaan of selfs beledig word nie;
- ons beskou die aanstelling van bogenoemde vier here (S.J. de Kock, J.N. Kotze, J.G. Kirsten en M.J. Priem) tot ‘n kommissie om die order te handhaaf, as buite die orde, en ‘n lediging vir die kerkraadskommissie en ons wat hulle aangestel het;
- ons sal alleen versoeke wat langs die ordelike weg, dit wil se deur ans kerkraadskommissie tot ons kom,oorweeg. Sulke versoeke sal ans ernstig oorweeg, en
- as bovermelde vier here hulle by die bestaande orde-reeling hou, sal die orde en eendrag in Parow-Goodwood verseker wees!
Nou is dit so dat daar ‘n paar ongemaklike manne in die wyk was, met wie nie maklik huis te hou was nie, maar dit is ook waar dat bogenoemde antwoord van die Kerkraad bepaald nie daarop bereken was om die troebele op te klaar nie – eerder om dit te laat vererger!
Ringskommissie probeer bemiddel
Toe die Kerkraad – wat slegs sy eie kom missie erken het – weier om op verdere briewe te antwoord, het die ontevredenes hulle op die Ring beroep. Een van die lede van die ringskommissie, ds. H.J. Pienaar, het dan ook in Maart 1914 die Kerkraad ontmoet. Hy le die volgende griewe van die ontevredenes voor en vra of die Kerkraad dan nie iets daaromtrent kon dien nie: (a) die voorle van ‘n geldelike verslag van die wyk; (b) verteenwoordiging van die wyk in die Kerkraad; (c) die bediening van die doop soggens in plaas van saans, en (d) die afskaffing van die gewraakte kerkraadskommissie.
Hierop het die voorsitter, ds. Bosman so geantwoord:
a) Geldelike verslag. Daar is reeds voldoende skikkings gemaak (watter, word nie gese nie).
b) Verteenwoordiging in die kerkraad. Die Kerkraad is reeds met die oog op Parow-Goodwood uitgebrei ”en wij kunnen bet eenvoudig niet helpen dat er geen kerkraadsleden uit die wijk gekozen worden”. Voorwaar ‘n baie vreemde antwoord, wat nouliks verdere kommentaar verdien!
c) Bediening van die doop. Aangesien die jongste Sinode (1909) hom teen die aanstelling van ‘n sendeling as hulpprediker uitgespreek het, het die Kerkraad geen vrymoedigheid om eerw. Karemacher toe te laat om die doop daar te bedien nie. (En hy wat ds. Bosman is, kan nie die oggenddiens daar waameem nie, van daar die doopsbediening in die aand.)
d) Kerkraadskommissie. Die omstandigbede in Parow-Goodwood is sodanig dat die Kerkraad nie sonder hierdie kommissie kan klaar kom nie.
Met die aanstelling as hulpleraar in Mei 1914 van ds. J.W. Meyer, wat ‘n geordende predikant van die moederkerk was en derhalwe die sakrarnente kon bedien en dit by die oggenddiens, het ds. Bosman gehoop dat die moeilikheid nou uit die weg geruim is. Maar die eintlike stryd sou nou gaan oor die kerkraadskommissie.
Na aanleiding van bogenoemde antwoord van die Kerkraad, het die ringskomrnissie ‘n vergadering met die lidmate in Parow gebou, waarop laasgenoemde hulle baie sterk teen die voortbestaan van die kerkraadskommissie uitgespreek bet. Die ringskommissie bet derhalwe die Kerkraad in Junie 1914 pertinent gevra of hy nie hierdie kommissie kan afskaf nie, maar hiervoor het veral ds. Bosman nie kans gesien nie.
Kerkraadskommissie oplaas ontbind!
Die wind teen die kerkraadskommissie het hiema in Parow stonnsterkte bereik. Nadat ‘n nominasie vir nuwe lede op ‘n gemeentevergadering feitlik op ‘n fiasko uitgeloop bet, en die Kerkraad boonop met ‘n sterk prates uit die wyk, deur 36 lidmate onderteken, gekonfronteer was, het die lede van die Kerkraadskommissie self die handdoek ingegooi!
In ‘n skrywe van sy sekretaris, J. E. H. Windell, versoek die, kommissie die Kerkraad dringend om tog maar “liever een paar kerkraadsleden instede van Kerkraads Commissie Ieden te kiezen”, aangesien hulle as kommissie al moeg begin word ”van al den aanstoot en de belediging” wat hulle van die “tegenparty” te verduur het. Met hierdie protesbrief en veral die ernstige versoek van sy eie kerkraadskommissie voor horn, het die Kerkraad in sy vergadering van 28.7.1914 einde ten laaste besluit om twee diakens – en later moontlik ook ‘n ouderling – vir Parow-Goodwood te kies! Daarop is brs. J.E.H. Windell en J.G. Kirsten as diakens gekies. Maar alhoewel hul verkiesing nou op die ontbinding van die ou kerkraadskommissie neergekom het, het die Kerkraad onder die invloed van ds. Bosman tog probeer om die kommissie, sy dit dan onder ‘n ander naam en in ‘n gewysigde vorm, by die agterdeur weer binne te laat! Bovermelde twee diakens moes, sodra hulle bevestig is, in oorleg met die hulpleraar en onderworpe aan die goedkeuring van die Kerkraad ‘n “Hulp Commissie” aanstel wat die Kerkraad en die plaaslike kerkraadslede behulpsaam sou wees. Daar was ook ander bepalings wat nie byval gevind het nie, soos byvoorbeeld dat die twee diakens desnoods uit die bestaande “Kerkraads Commissie lede” gekies moes word! Dit was eers nadat die Ring daarteen beswaar gemaak bet, dat die Kerkraad oplaas in Julie 1917 hierdie voorwaardes opgehef het!
Die onverkwiklike Kirstensaak
Teen die verkiesing van voormelde J.G. Kirsten tot diaken het vier persone uit die wyk beswaar gemaak. Kirsten self het intussen aangeneem, maar die indruk gewek dat hy horn nie sou onderwerp aan bogenoemde voorwaardes van die Kerkraad nie. Pertinent gevra of hy, indien bevestig, hom sou onderwerp aan die voorwaardes vir die verkiesing van diakens vir Parow-Goodwood, antwoord Kirsten dat hy horn sal onderwerp aan die besluite van die Kerkraad, maar wat die toekomstige verkiesing van kerkraadlede betref, sou hy verkies om hom te hou by art. 18 (b) van die Kerkwet!
Daarop het die Kerkraad op die besware van bogenoemde vier persone teen Kirsten ingegaan. Sonder om hier in besonderhede te tree, kan gemeld word dat die Kerkraad na ‘n deurtastende ondersoek bevind het dat Kirsten ingevolge art. 18 (7) ‘n “tegenstrever der bestaande kerkelijke verordeningen” is en gevolglik nie geskik vir die diakenskap nie.
Daarop het Kirsten horn op die Ring beroep. Aanvanklik het die Ring in sy vergadering op Philadelphia (Okt. 1916) die Kerkraad gelyk gegee, maar op ‘n buitengewone vergadering in November 1916 het die Ring die appel van Kirsten gehandhaaf.
Ter wille van die “vrede” het die Kerkraad besluit om maar by hierdie “grievende en vemederende” besluit te berus, en om Kirsten, indien hy sulks verkies, in sy amp te bevestig. Maar Kirsten het verkies om hom nie as diaken te laat voorstel nie. En so het hierdie onverkwiklike saak, wat meer as twee jaar voortgesleep het en die atmosfeer in die wyk verder vertroebel het, gelukkig tot ‘n einde gekom.
Parow-Goodwood word afgestig
Namate die stof met hierdie en die ander storms gaan le het, is ernstig oor die kerkJike toekoms van Parow-Goodwood besin, veral deur die Ring van Kaapstad. Hierdie Ring het indertyd sy ringskommissie opdrag gegee om die geskil tussen die Kerkraad en ParowGoodwood in der minne te probeer skik. Sou dit nie slaag nie, die wyk dan of by ‘n ander gemeente in te lyf, Of ”haar tot een selfstandige gemeente te stichten”.
Na ernstige pogings, so het die ringskommissie einde Julie 1916 die Kerkraad laat weet, kon hy hierin nie slaag nie. Hy sou gevolglik die saak vir die huidige maar daar laat, en so aan die Ring rapporteer.
In Februarie 1917 het die ringskommissie die inlywing van Parow-Goodwood by die Gemeente Maitland oorweeg, en alhoewel die Kerkraad van Durbanville hiertoe genee was, en selfs gewillig was om in so ‘n geval die kerkgebou op Parow en die kerksaal op Goodwood “vry en onbelast” aan Maitland oor te maak, het hiervan niks tereg gekom nie; blykbaar omdat Parow-Goodwood self nie daarvoor te vinde was nie. Laasgenoernde wyk het hulle daarop in versoekskrifte met ‘n oor weldigende meerderheid (390 teen 14) ten gunste van afstigting tot ‘n selfstandige gemeente uitgespreek en die waarborglyste vir die predikantsalaris laat teken. Op hul versoek om verlof tot afstigting aan die Kerkraad van Durbanville, antwoord die einde September 1917 dat hy geen die minste beswaar daarteen het nie ” daar wij er z”eer sterk naar verlangen en er reeds dringend om hebben gevraagd”.
‘n Mens kan dink dat daar by ds. Bosman veral ‘n diep sug van verligting was toe hy hierdie woorde in die kerkraadsnotuleboek neergeskrywe het! Wat die bruidskat vir die te stigte dogtergemeente betref, was die Kerkraad gewillig om die kerkgebou op Parow en die saal op Goodwood aan hulle te skenk, maar verder niks meer nie.
En so is die Gemeente Parow-Goodwood op 16.11.1917 deur die ringskommissie in opdrag van die Ring van Kaapstad gestig.Aanvankllk was daar geen duidellke grense nie. Daar word slegs verwys na ‘n gemeente “aan den spoorweg tusschen de gemeenten Maitland, Wynberg en Durbanville”. Maar na onderhandelings oor en weer is vaste grense neergele.
Die beginjare van die Gemeente was stormagtig – geskille en nogmaals geskille. Eers op 19.7.1919 kon ds. S. P. Fouche as eerste leraar bevestig word. ‘n Jaar na die stigting het die gemeente 1 000 siele getel, waarvan 450 volle lidmate was.
Afstigtings
- 1926 Goodwood
- 1938 Tiervlei
- 1939 Noordweg
- 1940 Eppingtuin
- 1941 Parow-oos
- 1948 Epping-Wes
- 1953 Tiervlei-Oos
- 1956 Tygerberg
- 1957 Parow-Sentraal
- 1957 Parow-Suid
- 1957 Goodwood-Wes
- 1966 Parow-Noord
- 1966 Parow-Wes
Predikante
- Stephanus Philippus Fouche, 1919 – 1920
- Matthys Gerhardus Potgieter, 1920 – 1929
- Johannes Cornelius Nicolaas Mentz, 1932 – 1951
- Gerrit Ettienne Bruwer, 1946 – 1951
- Adriaan Erasmus van Niekerk, 1952 – 1973
- M J Fourie, 1953 – 1957
- R Murray, 1974 – 1977
- J R Oosthuizen, 1978 – 1988
- D D J Bester, 1982 –
- S J Bredenhann, 1988 –