gestig
14 Oktober 1933
waarby ingelyf
ring
–
adres
–
eerste predikant
NG gemeente Nkana was die tweede gemeente van die NG Kerk in die destydse Noord-Rhodesië en is op 14 Oktober 1933 van die eerste NG gemeente in die protektoraat, NG gemeente Lusaka, afgestig.
Ontstaan
Dit was die eerste gemeente in die ryk Koperstreek op die oostelike grens van die destydse Belgiese Kongo. Die prospekteerder William Collier word algemeen beskou as die eerste Europeër wat koper in 1902 hier “ontdek” (hoewel argeologiese bewyse aandui inheemse stamme het dit selfs 900 jaar gelede ontgin, in armbande omskep en met hulle bure handel gedryf), maar eers in 1925 open die eerste myn, waarna ‘n stroom immigrante die jong land ingestroom het totdat die blanke bevolking voor die onafhanklikwording van Zambië op 24 Oktober 1964 sowat 80 000 getel het.
Inlywing
Na onafhanklikwording het die getal Afrikaners in Zambië en dus die NG lidmate drasties afgeneem. Teen 1973 was Mufulira, Luanshya, Chingola en Ndola almal by Nkana ingelyf, met Livingstone en Broken Hill herderloos. Lusaka was baie jare weer die enigste NG gemeente in die land en staan bekend as Dutch Reformed Church in Zambia.
Herstigting
Weens die geleidelik toename van NG lidmate in die land die afgelope twee of wat dekades, verdeel die Dutch Reformed Church in Zambia in 1998 in twee met ‘n suidelike gemeente in Lusaka en ‘n noordelike op Kitwe. Die skeidslyn is die spoorwegdorp Kapiri Mposhi. Die twee gemeentes het in 2011 altesaam 378 belydende lidmate en 104 dooplidmate. Volgens ‘n ooreenkoms tussen die NG Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk bedien ‘n NG predikant Lusaka en ‘n Hervormde predikant Nkana. Dr. M.H. Heyns, afgetrede leraar van NG gemeente Pinelands, dien as pastorale hulp in Lusaka. (Geskryf deur Morne van Rooyen).
Predikante
- Malcolm Wilhelm Retief, 1934–1943
- Daniël Josias Redelinghuys, 1943–1948
- Andreas Johannes Erasmus, 1949–1957 (bedank uit NG Kerk)
- James Oglethorpe, 1957 – (waarskynlik) 1962
- Johannes Dewald van der Merwe, 1962–1964
- Jacobus Hanekom, 1964–1966
- Johannes Jacobus Shaw, 1966–1969